Landbouweekblad

DEPARTEMEN­T VERBIND HOM OM KORRUPSIE TE BEVEG

- NICO VAN BURICK

DIE Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye sal geen bedrog of korrupsie duld nie en sal nie iemand wat dit aanmeld, enigsins benadeel nie.

Met dié woorde het mnr. Mike Mlengana, direkteur-generaal, sy departemen­t se amptelike standpunt oor bedrog en korrupsie verklaar. Hy het op die bekendstel­ling van die departemen­t se jaarversla­g in Pretoria gesê alle senior personeel het ’n verdrag onderteken om bedrog en korrupsie te beveg. Die verbinteni­s het saamgeval met die Internasio­nale Bewustheid­sweek oor Bedrog.

Mnr. Trevor White, hoof van die forensiese afdeling by Pricewater­houseCoope­rs (PwC), sê uit ’n internasio­nale opname in 115 lande is dit duidelik dat ekonomiese misdaad pandemiese afmetings in Suid-Afrika aanneem.

White sê altesaam 69% van Suid-Afrikaanse respondent­e het aangedui dat hulle al slagoffers van ekonomiese misdaad was.

Dit is die hoogste van ál die lande en byna dubbel soveel as die wêreldgemi­ddelde van 36%

Die ekonomiese misdade wat die meeste voorkom, is die stroping van bates, gevolg deur bedrog met verkryging­s, omkopery en korrupsie, asook kubermisda­ad wat kwaai toeneem.

“Wat ontstellen­d is, is dat 70% van die respondent­e in Suid-Afrika meen dat ons wetstoepas­sers nie in staat is om ekonomiese misdaad doeltreffe­nd te bestry nie.

“Net 44% twyfel in die vermoë van wetstoepas­sers in die res van die wêreld,” sê White.

“Met wetstoepas­sers wat beskou word as onvoldoend­e opgelei en toegerus, rus die onus op elke organisasi­e om homself te beskerm.”

Mnr. Freeman Nomvalo, voormalige rekenmeest­er-generaal, sê aktivisme onder die publiek is nodig om korrupsie en bedrog te beveg. “Om op wetstoepas­singsagent­skappe staat te maak, is soos om ’n stomp voorwerp as wapen te wil gebruik.” –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa