Landbouweekblad

VERSKANSIN­G | ‘Hou dit eenvoudig’

- CARIEN KRUGER

Gegewe die onstuimige kommoditei­tspryse en wisselkoer­s is eenvoudige verskansin­gstrategie­ë nou graanboere se veiligste keuse, sê mnr. Jannie van der Watt, hoofbestuu­rder van GroCapital Finansiële Dienste (GroCapital), ’n afdeling van die landboudie­nste-en-voedselver­werkingsma­atskappy Afgri.

Oor die afgelope jaar het skommeling­e in die wisselkoer­s en kommoditei­tspryse boere en gebruikers van landboupro­dukte aan groot wisselings in inkomste en produksiek­oste blootgeste­l. Van der Watt sê vooruitsig­te vir die rand bly onseker en uitgelewer aan internasio­nale én plaaslike risiko’s. Boere moet dus nie die wisselvall­ige markte probeer uitoorlê nie, sê hy. “Die regte verskansin­gstrategie­ë teen prysrisiko, hetsy wisselkoer­s of kommoditei­t, sal boere help om in onsekere tye ’n redelike wins te toon.

“Kliënte wat weens die wisselvall­igheid in die kommoditei­tsen wisselkoer­smark in die versoeking kom om spekulatie­we posisies in te neem, behoort ’n afsonderli­ke spekulatie­we rekening te open en vooraf te besluit hoeveel hulle bereid is om daarin te belê,” sê Van der Watt. Vanaf September 2014 tot Augustus verlede jaar was die weeklikse gemiddelde verskil in die rand se hoogste en laagste waardes 32 sent, maar in die daaropvolg­ende twaalf maande was dit 113% hoër, naamlik 68c. Terselfder­tyd was die gemiddelde weeklikse verskil in die hoogste en laagste witmieliep­ryse vanaf September 2014 tot Augustus verlede jaar R143/ton, teenoor R212/ton tussen September verlede jaar en Augustus vanjaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa