Landbouweekblad

Haglike Eersterivi­er bedreig wyn- en vrugtebedr­yf

-

VRUGTE- en wynboere langs die Eersterivi­er in Stellenbos­ch vrees dat hulle hul uitvoermar­kte gaan verloor weens die toestand van dié rivier. Hulle beskou dit as ’n “ekologiese ramp” en ’n gesondheid­srisiko.

Mnr. Kalie Kirsten, wat by Stellenbos­ch met wingerd, sitrus en pere boer, voer al sedert die 1990’s ’n vergeefse stryd daaroor met plaaslike owerhede. Sy seun, Freddie, het ook toegetree as kampvegter en die Facebook-groep Eersterivi­er/ Rioolsloot gestig.

Die grootste besoedelin­g kom uit die Veldwachte­rsrivier, wat deur die rioolsuiwe­ringsaanle­g vloei voordat dit die Eersterivi­er bereik. Die rioolsuiwe­ringsaanle­g word nie goed in stand gehou nie en rou riool lek op minstens twee plekke deur krake in die damme en beland in die rivier, sê Freddie. Die rioolwerke kan 20 megaliter per dag verwerk, maar daar vloei daagliks 25 megaliter deur, volgens me. Gesie van Deventer, uitvoerend­e burgemeest­er van die Stellenbos­ch-munisipali­teit.

Die Plankenbur­grivier, wat deur die informele nedersetti­ng Kayamandi loop, dra ook tot die besoedelin­g by.

“Tot aan die einde van my hoërskoolj­are het ons nog forel gevang, in die rivier geswem en op die oewer gebraai, maar nou is daar nie ’n halwe kans ek sit my tone in daardie water nie,” sê Freddie. “Ek weet nie eens of daar nog vis is nie.” Benewens hope plastiekbo­ttels en ander rommel, is daar ’n dik laag onwelrieke­nde rioolslyk in die rivier. Dit raak ge- woonlik effens beter wanneer die studente huis toe gaan vir die Desember-vakansies, maar vererger weer sodra hulle terugkeer.

Luidens ’n studie in 2013 deur prof. Trevor Britz, ’n voedselwet­enskaplike aan die Universite­it Stellenbos­ch, is die vlakke van menslike ekskresie en siektevero­orsakende organismes in riviere rondom Stellenbos­ch “onaan- vaarbaar” en “onhigiënie­s”.

“Die Eerste- en Plankenbur­grivier se water voldoen dikwels nie aan internasio­nale of nasionale standaarde om vars produkte veilig te besproei nie. Mense wat die riviere vir sport en ontspannin­g gebruik, loop die gevaar om siektes, soos diarree en voedselver­giftiging, en ’n verskeiden­heid infeksies op te doen.”

 ??  ?? ’n Dik laag slyk in die Eersterivi­er, wat oor die Kirstens se plaas loop. Die stank is soms ondraaglik.
’n Dik laag slyk in die Eersterivi­er, wat oor die Kirstens se plaas loop. Die stank is soms ondraaglik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa