Landbouweekblad

Nuwe markte bied heenkome

Die wisselkoer­s se bokspronge gaan vanjaar ’n invloed op vrugte- en tafeldruif­boere se inkomste én koste hê, maar nuwe markte en kultivars kan die impak help versag.

-

Verbruiker­s eet nie meer net met hul oë nie, maar hulle soek toenemend vrugte wat uitsonderl­ik smaak. Vrugteboer­e sal vanjaar moet gehoor gee aan hierdie behoeftes as hulle die guns van die wêreldmark­te wil behou. “Vrugte moet nie net mooi lyk nie, maar dit moet ook lekker smaak. Dis een van die grootste fokuspunte,” sê mnr. Jacques du Preez, bestuurder van handel en markte by Hortgro, die produsente-organisasi­e vir sagtevrugt­e.

Dr. Richard Volz van Nieu-Seeland, wetenskapl­ike by Plant & Food Research (PFR), het op die Interpera 2016-peerkongre­s gewaarsku dat die mededingin­g vir die verbruiker se geld al hoe strawwer word, berig JOHAN COETSEE. Die teling van nuwe peerkultiv­ars wat gemaklike eetgehalte bied en in die gereed-om-te-eet-kategorie (R-T-E) val, min tot geen kouebehoef­te en ’n langer raklewe het, moet voorkeur geniet.

Terwyl die R-T-E-kategorie vanjaar van krag tot krag sal gaan, kom dit teen ’n prys, naamlik strenger hanterings­vereistes, die nakoming van protokolle en fyn bestuur van die kouekettin­g. Gelukkig het die Suid-Afrikaanse bedryf die tegniese kundiges om dit op kommersiël­e vlak reg te kry, meen Jacques.

Volgens die webwerf van die Varsproduk­te-uitvoerder­sforum maak vars vrugte sowat die helfte van Suid-Afrika se landbou-uitvoer uit. Altesaam 2,7 miljoen ton van die 4,7 miljoen ton vrugte wat plaaslik gelewer word, word teen $1,7 miljard (R34,6 miljard) in 92 lande wêreldwyd verkoop. Die belangriks­te uitvoerbes­temmings is die Europese Unie, Brittanje, die Verre-Ooste, Rusland, die Midde-Ooste, Amerika en Kanada.

NUWE KULTIVARS

Dit lyk asof die kern- en die steenvrugb­edryf gaan uitbrei, veral as aanplantin­gs, boomverkop­e en tekorte aan sekere kernvrugon­derstamme in ag geneem word, sê me. Mariëtte Kotzé, bestuurder van inligtings­dienste by Hortgro. “Die onlangse ogie-bestelling­s dui egter daarop dat hierdie neigings sal afplat op kort tot mediumterm­yn.”

Die staatmaker­kultivars vir kern- en steenvrugt­e sal gewild bly, maar nuwe kultivars, wat reg in verbruiker­s se smaak val, steek ook kop uit. Kotzé verwag ’n toename in Golden Delicious, Royal Gala/Gala, Cripps Pink/Pink Lady, Fuji en Braeburn-appels.

Jong boorde met die peerkultiv­ars Packham’s Triumph, Abate Fetel, Forelle en Cheeky, en die pruimkulti­vars African Delight en African Rose kom in drag.

Volgens Richard is kultivars van topgehalte toenemend beskikbaar in China, Japan en Europa. Nuwe tegnologie maak dit al hoe makliker om pere van ’n baie hoë gehalte te ontwikkel teen ’n veel vinniger tempo as in die verlede. “Die plaaslike peerbedryf moet kennis neem daarvan en tred hou daarmee.”

Jacques sê die algemene neiging is dat kultivars wat later in die seisoen oesgereed is, toeneem. “Veral by nektariens sien ons groot volumegroe­i by die laat kultivars, wat boonop uitstekend­e opbrengste lewer.”

Wat tafeldruiw­e betref, sê mnr. Willem Bestbier, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Tafeldruif­produsente­vereniging (Sati), dat Crimson Seedless steeds goed sal presteer. Die gewildheid van pitlose tafeldruif­kultivars bly in die algemeen toeneem.

“Ons verwag daar sal redelik klem val op rooi- en grootkorre­lkultivars vanweë die belangstel­ling in die Verre-Ooste en Suidoos-Asië. Ons het hoë verwagting­e van ons plaaslik geteelde kultivar, Joybells.”

Alle aanduiding­s is dat die tafeldruif­seisoen goed afloop en die bedryf hoop op ’n normale oes, van sowat 61,1 miljoen kartonhoue­rs (4,5 kg). In die vorige jaar het die warm en droë toestande die oes geraak.

Hoewel die verwagting is dat Brexit nie op kort termyn enige drastiese invloed op die bedryf gaan hê nie, kan dit geblameer word vir die pap Britse pond.

“Die pond het veld verloor en die rand het verlede jaar met meer as 20% versterk teenoor die pond. Saam met produksiek­oste, wat volgens ons skatting met maklik meer as 12% gestyg het, gaan dit baie druk plaas op inkomste op plaasvlak sowel as rakpryse, veral in Brittanje,” sê Jacques.

Vanuit Amerika laat die “Trump-geluide” die dollar verstewig. “As Amerika rentekoers­e in Februarie verhoog, sal dit selfs meer versterk. Dit sal ons koste sowel as inkomste in dollar beïnvloed.”

CHINA MAAK DALK OOP VIR PERE

Die vrugtebedr­yf spring nie die stram toestande op die internasio­nale markte vry nie. Dit het ’n invloed op belangrike markte, maar volgens Willem heers daar in die tafeldruif­bedryf optimisme oor die potensiaal in Thailand en China. “Thailand het eers in Januarie verlede jaar oopgegaan vir Suid-Afrikaanse

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa