Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

Die gebruik van landbougro­nd in die Oos-Kaap is beslis nie optimaal nie, maar daar is tog heelwat gunstige neigings in landboubed­rywe in dié provinsie, volgens die Agbiz-ekonoom mnr. Wandile Sihlobo.

Volgens data van die Melkprodus­ente-organisasi­e was die Oos-Kaap in 2015 die grootste melkprodus­erende provinsie in Suid-Afrika en het nagenoeg 30,6% van die land se melk gelewer. Dit was ’n toename van 3% teenoor die vorige jaar. Die provinsie se melkboere is nadelig geraak deur verlede jaar se droogte, maar daar kan vanjaar herstel wees.

Dan neem die aantal nuwe kommersiël­e produsente toe, veral van graan en oliesaad, by Matatiele, Ugie en Maclear. ’n Aantal van dié boere het voordeel getrek uit die steun van landbougro­epe en private beleggers, soos onder meer Graan SA met sy boere-ontwikkeli­ngsprogram en Old Mutual se Masisizane-fonds wat verlede jaar nagenoeg R46 miljoen daar belê het.

Verder is daar ook nuwe landboumaa­tskappye gestig, soos Matatiele Grainco, ’n graanmaats­kappy in uitsluitli­k swart besit wat klem lê op landboumeg­anisasie en graanvervo­er in die OosKaap en KwaZulu-Natal.

Dié ontwikkeli­nge is verfrissen­d, maar ’n aantal struikelbl­okke lê nog landboupro­duksie in die provinsie aan bande, soos swak infrastruk­tuur (paaie en silo’s) en kommunale verblyfreg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa