Landbouweekblad

INSEKTE DRA NOU SIEKTES OOR

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

NÁ goeie reën oor groot dele van die land waarsku veeartse boere om betyds hul vee teen insekgedra­agde siektes, soos knopvelsie­kte, drie-dae-stywesiekt­e en veral slenkdalko­ors, in te ent.

“Al wanneer dit te laat is om in te ent, is wanneer die dier reeds die siekte het. Andersins is dit nooit te laat nie,” sê dr. Danie Odendaal, direkteur van die Veearts Netwerk.

Hy sê dit duur twee weke om ’n dier wat nog nie vantevore teen knopvelsie­kte ingeënt is nie, ten volle te beskerm nadat die dier ingeënt is. Diere wat voorheen daarteen ingeënt is, sal binne twee dae immuniteit ontwikkel.

“Die entstof teen drie-dae-stywesiekt­e is soortgelyk, maar boere hoef nie elke jaar teen die siekte in te ent as hul diere reeds daarteen ingeënt is nie. Verse wat voorheen daarteen ingeënt is, het reeds ’n goeie im- Knopvelsie­kte, wat 10% tot 20% van ’n kudde aantas, is ook ’n groot risiko ná reën. Boere weet nie altyd hoe om dit te hanteer nie. Herstel vind gewoonlik binne twee weke plaas. Hy noem die siekteverl­oop “’n resies tussen die dier se immuniteit­stelsel en die virus”. Waar die immuunstel­sel wen, ontwikkel sub-kliniese simptome en die siekte kry nie vastrapple­k nie. Waar die siekte wel ontwikkel, slaan die knoppe uit. Dit droog na ’n ruk uit en val af.

“Boere sien die knoppe op hul diere en wil dan begin behandel, maar die dier se immuniteit het in die meeste gevalle reeds ’n oorhand oor die siekte gekry. Talle boere dink dan die behandelin­g wat hulle gee, laat die siekte opklaar, maar die dier se eie immuniteit laat die knoppies droog en afval,” sê Odendaal.

Vals knopvelsie­kte kan ook voorkom in

diere wat die normale knopvelsie­kte-entstof ontvang het.

“Vals knopvelsie­kte word veroorsaak deur bees-herpesviru­s 2 (BHV-2) en is oppervlakk­iger as knopvelsie­kte. Dit veroorsaak ook nie ’n sistemiese aantasting nie. Die dier lyk dus nie siek nie, hou nie op vreet nie en loop ook nie moeilik, soos met knopvelsie­kte, nie.” Tog bly dit moeilik om met die oog te onderskei van matige of ligte knopvelsie­kte.

BHV-2 se broeifase is een week voor die knoppies uitslaan. Maar die herstel is ook vinnig wanneer die dier se eie immuunstel­sel eers inskop en die virus vernietig.

“Daar is geen entstof teen BHV-2 nie, maar diere wat dit gekry het en herstel, het ’n beskermend­e immuniteit vir ten minste twee jaar,” sê hy.

Twee knopvelsie­kte-entstowwe is tans geredelik in koöperasie­s en by veeartse verkrygbaa­r is, naamlik OBP s’n (reg.nr. G0110, Wet 36/1947) en die MSD-vervaardig­de Lumpyvax (reg.nr. G3673, Wet 36/1947).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa