Landbouweekblad

BRAND IN ROGGEVELD LAAT VEEBOERE SONDER WEIDING

- AMELIA GENIS

DIE brand wat ses dae lank oor die Nuwejaarty­d op plase in die Roggeveld tussen Calvinia en Middelpos gewoed het, het sowat 25 000 ha veld verwoes.

Die sewe boere wat geraak word, het dringend voer nodig, sê mnr. André Steenkamp van die plaas Elandsfont­ein en mnr. Willem en me. Huibrey Theron van die plaas Droëkloof. Steenkamp sê die brand het alles verwoes. “Van goeie weiveld het net as en klippe oorgebly.”

Die Therons, wat die helfte van hul weiveld in die brand verloor het, sê dit is ’n kritieke weidingsty­d omdat die meeste van hul Merinoooie dragtig is en vanaf Maart begin lam. Hulle trek nog met hul vee tussen winter en somerreëng­ebiede, ’n ou praktyk wat met groot welslae in sekere veegebiede in die NoordKaap toegepas word.

“Die veld wat afgebrand het, was ons somerweidi­ng wat ons moes deurdra tot April en Mei wanneer ons uit die Roggeveld onttrek,” sê me. Theron.

Boonop het dié distrik drie jaar laas voldoende reën gehad. Die brand is veroorsaak deur ’n smeltdraad wat afgebrand het as gevolg van ’n foutiewe Eskomtrans­formator op die plaas Botuin.

Steenkamp sê boere op wie se grond die brand gewoed het én boere van Fraserburg, Calvinia, Williston, Sutherland en Nieuwoudtv­ille het die brand dag en nag bestry.

Konserwati­ef bereken benodig die boere wat deur die brand geraak word, sowat 6 ton onderhouds­voer per dag vir die volgende vier maande.

Hulle is dankbaar vir die 15 ton voer wat hulle reeds van die groep Boere in Nood ontvang het en die 20 ton lusern van die NoordKaaps­e departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng. Mense wat voer, vervoer of geld kan skenk, kan mnr. Wimpie Steenkamp, voorsitter van die landbouver­eniging SuidRoggev­eld, bel by 082 924 5718.

Die brand is veroorsaak deur ’n smeltdraad wat afgebrand het as gevolg van ’n foutiewe Eskom-transforma­tor op die plaas Botuin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa