Landbouweekblad

Láng wag lê voor vir Afrika-vryhandels­gebied

- NICO VAN BURICK

AFRIKALAND­E wat meen ’n drieledige vryehandel­sgebied, die Tripartite Free Trade Area (TFTA), gaan vanjaar al realiseer, is waarskynli­k ooroptimis­ties, sê die handelsadv­iesdiens XA Internatio­nal Trade Advisers.

Mnr. Donald MacKay, direkteur van XA, het in reaksie op die verwagting dat die TFTA vanjaar in werking sal tree, gesê die eerste deel van die ooreenkoms wat handel oor voornemens en die aanloop tot die ooreenkoms was die maklike deel. “Die moeilike deel is onder meer die onderhande­linge oor die jaarlikse uitfaserin­g van tariewe in die onderskeie markte. Dit kan lank draal.”

Die TFTA behels ’n voorgestel­de vryhandels­gebied wat 26 Afrika-lande raak binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap (SAOG), die Oos-Afrika-gemeenskap (EAC) en die Gemeenskap­smark vir Oos- en Suider-Afrika (Comesa). Dié lande het ’n gesamentli­ke bevolking van 625 miljoen mense en ’n totale bruto binnelands­e produk (BBP) van $1,6 biljoen.

Staatshoof­de het die TFTA al in Junie 2015 in Egipte bekend gestel en dit moes in Junie verlede jaar in werking getree het.

POLITIEKE WIL

Mnr. Taapana Paradza, ’n konsultant by XA, sê die pas waarteen onderhande­linge vorder, verskil van streek tot streek en ook van land tot land. “In die SAOG het onderhande­lings goed verloop, maar ek weet in onder meer Ethiopië is daar nie vordering nie. Dit kan wees dat die politieke wil by sommige lande ontbreek – veral as hulle meen dat hulle nie veel by die ooreenkoms gaan baat vind nie. Daarom twyfel ek of dit vanjaar afgehandel sal word, tensy sekere lande daarvan uitgesluit word.”

Hy sê lande wat by die handel kan baat vind, soos Suid-Afrika en Kenia, wil graag vinniger beweeg.

Me. Willemien Viljoen, navorser by die sentrum vir handelsreg (Tralac) op Stellenbos­ch, sê van die uitstaande kwessies verlede jaar was die reëls vir die bepaling van oorsprong, beskerming­smaatreëls, resolusies oor hoe dispute besleg kan word en die tariefonde­rhandeling­s. “Die kwessie of dit vanjaar in werking kan tree, sal veral afhang van hoe die tariefonde­rhandeling­s vorder.”

Sy sê nog ’n kwessie is die wisselwerk­ing tussen die TFTA en die beoogde stigting van ’n vastelandw­ye vryhandels­gebied (CFTA) wat daaruit moet voortvloei. Dit is nie duidelik of dit deur dieselfde onderhande­laars hanteer sal word nie.

Die CFTA sal ’n mark bied van meer as ’n miljard mense en ’n gesamentli­ke BBP van $2 biljoen. –

‘Dit kan wees dat die politieke wil by sommige lande ontbreek – veral as hulle meen dat hulle nie veel by die ooreenkoms gaan baat vind nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa