Landbouweekblad

OLIES IS ‘GROEN’ WAPEN TEEN BLAASPOOTJ­IE

-

’n Insektekun­dige van Stellenbos­ch het in navorsing vir haar doktorsgra­ad belowende alternatie­we bestryding­smetodes vir blaaspootj­ie gevind, met vlugtige olies en ’n vanggewas.

Dr. Elleunorah Allsop van die Landbounav­orsingsraa­d se Infruitec-Nietvoorbi­j-instituut het aan Engela Duvenage, woordvoerd­er van die Universite­it Stellenbos­ch se fakulteit natuurwete­nskappe, vertel sy het die eerste keer met haar studie-onderwerp, die uitheemse westelike blomblaasp­ootjie (Franklinie­lla occidental­is), te doene gekry toe sy in 1999 die voorkoms van hierdie insekte by tafeldruiw­e in die Hexrivierv­allei bestudeer het.

Twee verdere projekte wat deur die Suid-Afrikaanse steenvrugt­ebedryf ondersteun is, het vrugbare inhoud tot haar doktorsgra­ad verleen.

Sy het dit op 57-jarige leeftyd verwerf, op ’n ouderdom wanneer baie ander mense dalk al eerder aftreeplan­ne begin maak. Haar tesis span so te sê die kroon op ’n loopbaan van by die 34 jaar wat gewy is aan die plan maak oor hoe om landbouver­wante plae in wingerde en op sagtevrugt­eplase te bestry.

Sy is getroud met dr. Mike Allsop, bekende byenavorse­r en ook verbonde aan die LNR op Stellenbos­ch.

Haar doelwit met haar doktorsgra­adstudie was om te ondersoek hoe om blaaspootj­ies met natuurlike­r metodes as chemiese bestryding van vrugte af te weer.

Blaaspootj­ie kom baie algemeen voor en ook in die natuurgebi­ede rondom boorde. Daarom is dit bykans onmoontlik om hulle heeltemal uit te roei. pansy spots

Elleunorah het onder meer bevind dat die uitheemse westelike blomblaasp­ootjie nog voor die blommetjie­s behoorlik oopmaak in pruimbloei­sels klim om hul eiers in die blomdele te lê. In die proses vorm oppervlakk­ige, maar skadelose, letsels (die sogenoemde pansy spots) op die ontwikkele­nde pruime. Dit kan veroorsaak dat die vrugte ’n laer gradering op die uitvoermar­k kry, of selfs afgekeur word.

Die vroeë stadium waarin die insek by die bloeisel intrek, beteken die normale bespuiting­s in blomtyd kan nie juis hierdie skade voorkom nie. Chemikalie­ë sal dus aangewend moet word nog voor die bloeisels die ballonstad­ium bereik om die skade te voorkom wat die lê van die eiers veroorsaak.

Volgens Elleunorah moet dekgewasse of onkruid in die boord wat op dieselfde tyd as die pruime blom, liefs net so laat staan word. “Indien jy die onkruid in daardie stadium afsny, jaag jy die blaaspootj­ies daarin almal in die pruimbome in.”

Sy het vir haar doktorstes­is die ontwikkeli­ng van ’n sogenoemde afweer-aanlok-stelsel ondersoek om sulke eierlê-skade deur blaaspootj­ies in pruimboord­e te verminder. Haar proewe het gewys dat die vlugtige plantolies timol, metielsali­silaat en karvakrol ’n afwerende uitwerking op die blaaspootj­ies het. Hulle lê ook minder eiers in die bloeisels wanneer die olies op die bloeisels gespuit word. Wit klawerblom­me is op hul beurt baie aantreklik vir die westelike blomblaasp­ootjie en toon belofte om as ’n vanggewas langs boorde geplant te word (die “aanlok”-gedeelte van die strategie).

Die presiese formules waarin die vlugtige olies aangewend word, moet deur verdere navorsing bepaal word om die strategie in die praktyk te kan toets.

 ??  ?? Blaaspootj­ie-skade op ’n ontwikkele­nde pruim. Die letsels staan as bekend.
Blaaspootj­ie-skade op ’n ontwikkele­nde pruim. Die letsels staan as bekend.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die westelike blomblaasp­ootjie.
FOTO’S: VERSKAF Die westelike blomblaasp­ootjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa