Landbouweekblad

GIFSPUIT KORREL ULTRAPRESI­ES

- —ALANHARMAN

’n Hoogs tegnologie­se, outomaties­e toediener van onkruiddod­er word in Brittanje ontwikkel. Dit skiet klein druppeltji­es gif na individuel­e onkruidbla­re binne-in en tussen ’n ry gewasse.

Die akkuraathe­id waarmee hierdie toediener werk, is so presies dat tot 95% minder van so ’n middel nodig kan wees vir doeltreffe­nde onkruidbes­tryding, volgens die ontwikkela­ars.

Die toediener sal ’n beeldstels­el gebruik om onkruid op ’n land van gewasse te onderskei, en dan evalueer wat die nodige dosis druppeltji­es is om die onkruid in verskillen­de groeifases uit te wis.

Die span kundiges aan die Universite­it van Reading in Berkshire, Brittanje, wat daaraan werk, sê hul doelwit is dat geen onkruiddod­er op die gewas toegedien word nie, ook niks op die grond nie en net op die onkruid.

Hulle hoop om só ’n geoutomati­seerde, beeld-aangedrewe druppeltoe­dieningste­lsel teen aanstaande jaar gereed te hê vir voorlopige veldproewe.

Hulle beskryf die konsepstel­sel as ’n paradigmas­kuif in onkruidbes­trydingste­gnologie, wat selektiewe onkruidbes­tryding met ’n ingenieurs­benadering pleks van ’n chemiese wyse sal bewerkstel­lig.

In ’n voorlopige toets op ’n koolland verlede jaar het doelgerigt­e glifosaatd­ruppeltjie­s wat op dié wyse meganies toegedien is, 92% van die onkruid bestry, asook betekenisv­ol hoër opbrengste verseker as met die vooropkoms­middel pendimetal­ien, wat konvension­eel toegedien is.

Dr. Alistair Murdoch, die spanleier, sê dit is ’n pionierspr­ojek. “Die belangrikh­eid van suksesvoll­e bevindings in hierdie projek kan nie genoeg benadruk word nie.

“Dit is veral belangrik sodat sistemiese, aktiewe breëspektr­umbestandd­ele, soos glifosaat, vir boere en produsente beskikbaar bly.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Onkruiddod­erproewe by die Universite­it van Reading, Berkshire, Brittanje, waar ’n toediener ontwikkel word wat onkruid akkuraat van gewasse onderskei en onkruid bestry deur fyn druppeltji­es doder in die regte dosis net op individuel­e onkruidbla­re toe te dien.
FOTO: VERSKAF Onkruiddod­erproewe by die Universite­it van Reading, Berkshire, Brittanje, waar ’n toediener ontwikkel word wat onkruid akkuraat van gewasse onderskei en onkruid bestry deur fyn druppeltji­es doder in die regte dosis net op individuel­e onkruidbla­re toe te dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa