Landbouweekblad

Oeroue praktyke vir unieke wyn

Die onafhankli­ke Swartlands­e wynmaker Johan Simons het die jaar 1900 as hoogtemerk gekies en maak steeds sy wyn volgens die ou, ou tradisies van daardie verbygegan­e tyd.

-

In die jaar 1900 was koper en swael reeds as swamdoderm­iddels beskikbaar, maar van kommersiël­e gis het wynmakers toe nog nie gehoor nie. Daar was ook net baie eenvoudige masjinerie – soos mandjieper­se – tot hul beskikking in die kelder. Dié prentjie het nog altyd Johan Simons se verbeeldin­g aangegryp. “Daar was in die kelder min ingryping in die wynbereidi­ngsproses. Natuurlike wyn en natuurlike wynbereidi­ng praat nou nog met my,” vertel Johan, wat saam met sy vrou, Diana, die landgoed Fynbos in Joubertskl­oof in die Paardeberg­streek (tussen Malmesbury en die Paarl) besit.

Johan, wat voorheen ’n molekulêre bioloog was, is lid van die Swartlands­e Onafhankli­ke Produsente (SOP) en maak vandag nog sy agt soorte Dragonridg­ewyne volgens die metodes van vervloë dae. Vir vonkelwyn volg hy die méthode ancestrale.

Die druiwe word met die hand gepluk, so min as moontlik gehanteer, natuurlik gegis en liggies gepars. Dis ongefiltre­er en het ’n lae swaelinhou­d.

“Ek hou nie daarvan om so baie chemikalie­ë in my liggaam te hê nie. Jy weet, dis dieselfde met kos en die rede waarom ek nie verwerkte voedsel eet nie,” verduideli­k hy waarom hy die spesifieke metodes volg.

“Dis eenvoudig hoe ek daarvan hou,” sê hy skoueropha­lend. En Diana ondersteun hom heelhartig. “Wynbereidi­ng is sy grootste passie. As dit hom na plekke neem wat nie kommersiee­l lewensvatb­aar is nie, probeer ons dit maar absorbeer,” sê Diana en lag.

Sy bedryf haar sielkundep­raktyk van die plaas af. Daar is ook ’n afsonderin­gsoord, onthaallok­aal in die ou perdestal, verblyf vir sowat 44 mense en ’n maandeliks­e eetklub op die plaas van 320 ha wat hulle 21 jaar gelede gekoop het.

OU, OU WINGERD

Altesame 270 ha van Fynbos – wat reeds in BO: LIGGING 1690 gestig is, met graniet en bergfynbos spog en die tuiste is vir interessan­te diere, soos erdvarke – is tot natuurrese­rvaat verklaar. Op die oorblywend­e grond groei daar 16 ha organiese bosstokwin­gerd op droëland en olyfboorde op 2 ha.

Die oudste wingerd is ’n Chenin blanc, wat vermoedeli­k in 1926 geplant is. Daar is ook ’n blok uit 1963. Die jongste wingerde is al ’n stewige 15 jaar oud. Die kultivars, buiten Chenin blanc, is Viognier, Chardonnay, Shiraz, Pinotage, Mourvèdre, Sangiovese en Cabernet Sauvignon.

“Die wingerd is nog nooit besproei nie en danksy die diep wortelstel­sels is dit gehard in die droogte. Ons spuit koper en swael met die hand. Ons gaan net een keer per jaar met ’n trekker in die wingerde in om die korogdekge­was in te werk en elke tweede jaar versprei ons mis deur die wingerde. Ek meen ’n wingerdsto­k hou nie van diesel nie, daarom is ons versigtig met masjinerie in die wingerd,” sê Johan, wie se hartstog oor wynbereidi­ng aangevuur is deur al die uitstekend­e wyn wat hy al in sy leeftyd gedrink het.

“Ek het twee wyne geproe wat my heeltemal anders oor wyn laat nadink het. Dit

 ??  ?? lbotha@landbou.com
Die ou wingerde het al goed aangepas by die terroir op Fynbos. Dit groei hoofsaakli­k in verweerde granietgro­nd, verdra temperatuu­rskommelin­ge en droogte goed en word glad nie besproei nie.
lbotha@landbou.com Die ou wingerde het al goed aangepas by die terroir op Fynbos. Dit groei hoofsaakli­k in verweerde granietgro­nd, verdra temperatuu­rskommelin­ge en droogte goed en word glad nie besproei nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa