Landbouweekblad

Redelikhei­d en ordentlikh­eid het nog nooit tweede gekom nie.

-

Om iemand ’n tweegesig te noem, is ’n baie onvleiende opmerking. Dit beteken jy moet so iemand liefs nie vertrou nie. Wanneer hy vandag vir jou ’n goeie gesig wys, beteken dit nie dat hy môre dieselfde sal doen nie.

Wyle dr. Koot Vorster het by geleenthei­d aan ’n groepie jong dominees gesê: “Broers, julle moet vir daardie man bid, maar wanneer julle bid, onthou om altyd die een oog oop te hou.”

Waarskynli­k wou hy op sy kenmerkend­e manier sê dat sommige mense selfs nie onder gebed vertrou kan word nie!

Hierdie tweegesig-houding geld nie net vir individue nie. Daar is allerlei groepering­s van mense wat vaardighed­e ontwikkel om dubbele rolle te vertolk. Iemand het selfs gepraat van straatenge­le wat ook huisduiwel­s kan wees. ’n Tyd gelede het ek tonele gesien wat twee totaal uiteenlope­nde gesigte aangebied het.

In die een geval was ’n groep studente besig om onder die opruiende slagspreuk “Fees must fall” dinge aan te vang wat jy nie van die sogenaamde “room van die jeug” sou verwag nie. Verenig deur die gemeenskap­like doelwit om deur geweld en plundering te verkry wat hulle as hul reg beskou, het hulle kosbare skilderye en boeke verbrand en geboue beskadig.

Dit was ’n aaklike gesig wat op die televisie vertoon is.

En toe, slegs ’n paar minute later, het ’n ander gesig verskyn. Weer was dit studente van allerlei rasse en gelowe wat verenig het – om die mooiste koormusiek en sang aan te bied. Onder die vaandel van Varsity Sing het hulle vriendelik en glimlaggen­d ’n vertoning gegee wat die droom van ’n nuwe, verenigde Suid-Afrika na ’n haalbare moontlikhe­id laat lyk het. Dit was pragtig.

Twee gesigte op dieselfde kampus, en êrens moet jy ’n standpunt inneem. As jy ’n goeie saak het, dien dit met ’n goeie gesig en jy sal die simpatie en ondersteun­ing van vele verdien. Redelikhei­d en ordentlikh­eid het nog nooit tweede gekom nie. Dit is goeie advies om te onthou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa