Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

Die pluimveebe­dryf werk hard om ’n 30%-invoertari­efverhogin­g op hoendervle­is, ’n stapelvoed­sel in baie huishoudin­gs, in te stel om 5 000 werkgeleen­thede te red. Dr. Neva Makgetla, ’n senior navorser van die konsultant­egroep Trade & Industrial Policy Strategies, sê so ’n tarief is egter heeltemal onredelik.

Hoender is een van die min basiese kossoorte wat nie oor die afgelope 15 jaar groot reële prysstygin­gs getoon het nie. Van 2002 tot 2015 het hoenderpry­se saam met inflasie gestyg, terwyl kospryse in geheel met 28% meer as inflasie gestyg het. Stygende invoer het gehelp om pluimveepr­yse laag te hou, wat hoender meer toeganklik maak vir arm huishoudin­gs. Hoender-invoer het gestyg van 7% van alle gebruik in 2002 tot 18% in 2015. Aangesien die meeste ingevoerde, bevrore hoenderstu­kke in lae-inkomste-gemeenskap­pe verkoop word, is die voordele vir arm huishoudin­gs groter as wat die totale syfers te kenne gee.

Suid-Afrika se hoender-produksiek­oste is kommerwekk­end hoog vergeleke met ingevoerde hoendervle­is. Mielies en sojabone is die belangriks­te voerbronne en net vier maatskappy­e beheer 75% van alle meulens wat mielies maal. Net drie maatskappy­e verteenwoo­rdig 75% van die opbergings­vermoë. Vyf supermarkk­ettings oorheers die kleinhande­l.

Dié hoë mate van konsentras­ie in die waardekett­ing lei tot ondoeltref­fendheid en woekerwins.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa