‘BEVRY’ KOMMUNALE BOERE
Die artikel “Gebrek aan grond knel wolboere” (LBW, 25 Nov. 2016) het betrekking. Dié artikel deur Heather Dugmore oor wolboerdery in die Oos-Kaap, spesifiek in die voormalige Ciskei en Transkei, verdien volpunte. Dit is ’n wekroep vir die Regering om na produktiewe, swart boere te luister.
Maar eintlik het die artikel die deksel van ’n blik vol wurms gelig. Is die vermiste boorgate nie een van hierdie wurms nie?
Dit is ook duidelik dat daar nie ’n tekort aan landbougrond is nie, want mense wat glad nie boer nie, ontvang plase van die Regering.
Met trots het ’n opkomende boer vertel van sy onbewerkte plaas van 358 ha wat hy van die staat gekoop en op eie koste ontwikkel het. Tans boer hy suksesvol met 600 skape – sonder staatshulp. Dít terwyl kommunale boere sukkel om op honderdduisende hektaar van die beste landbougrond denkbaar ’n bestaan te maak.
Terwyl suksesvolle swart boere pleit dat die Regering die regte boere op plase moet vestig, word mnr. Mathemba Gcasamba, waarnemende hoofdirekteur van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, se opmerkings oor grondbesit in die artikel as teleurstellend beskryf.
Al die gesmeek en gepleit dat voornemende of opkomende boere van omheinde grond met eiendomsreg in die voormalige TBVC-state voorsien moet word om die grondprobleem op te los, val op dowe ore. Pleks daarvan word verkondig dat die helfte van alle opgeboude plase aan swart mense gegee gaan word.
Stamhoofde wat om politieke redes maandelikse salarisse en toelaes ontvang, het selfs onteiende landbouplase geannekseer en alle verbeterings tot op “JULLE GAAN NOU KOSSIES KRY . . .” die grond afgebreek. Terwyl hierdie “grondbaronne” se honderdduisende hektaar landbougrond braak lê, is dit hul onderdrukte onderdane wat sonder eiendomsreg sukkel om te oorleef.
Dit is interessant dat daar vir ramteelplase gevra word. Veeverbeteringskemas en proefplase was ’n uiters suksesvolle konsep wat voor die onafhanklikheidwording van die TBVC-state bedryf is. Saam met sisalprojekte en selfs fabrieke om werk te skep, het dit tot niet gegaan.
Dit alles het gelei tot die aflegging van opgeleide vakmanne. Landbouvoorligtingsbeamptes, boorgatspanne en draadomheiningspanne het verdwyn. Dit het gelei tot die gemors waarin kommunale boere tans verkeer. GAWIE RICHTER Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die komplimente van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,
Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik.
Vandeesweek se wenbrief is deur Gawie Richter geskryf. gewissel van water vir mens en dier wat beduidend benadeel is, swak oeste of geen aanplantings, asook veeboere wat swaar gekry en verliese gelei het.
Indien na droogtehulp gekyk word, is dit tog jammer dat veeboere hoofsaaklik daarby baat vind. Altans, dit is hoe ek uit mediaberigte aflei, terwyl hierdie boere baie meer as saaiboere vir die droogte voorsiening kon gemaak het.
Wanneer na die droogte se invloed op veeboerdery gekyk word, is dit duidelik dat min boere se weidingstelsels en bestuur voldoende is om droogtes beter te deurstaan.
Dit is ook vir my duidelik dat die staat se planne – indien daar wel planne is – om droogtes beter te bestuur, onsuksesvol is.
Dit is egter verblydend om van tyd tot tyd in Landbouweekblad te lees van veeboere wat sulke goeie stelsels en bestuur toepas dat hulle daarin slaag om die natuurlike veld teen agter-