Landbouweekblad

OPVOUBARE MOTORHEK

-

’n Opvoubare motorhek is deur mnr. Sarel Coetzee, ’n treinkondu­kteur van Bloemfonte­in, ontwerp. As ’n mens diere wil laat deurgaan, vou jy die motorhek soos ’n vleisbraai­rooster op en swaai dit oop. Verder dien dit dieselfde doel as ’n gewone motorhek.

Coetzee het nog net proefmodel­le van die motorhek gebou. Hy het die ontwerp reeds gepatentee­r en sal moontlik binnekort met die bou daarvan begin.

Die hek sal met hoekpale en al gekoop moet word, want die meganisme wat die hek so veelsydig maak, is binne-in die twee hoekpale ingebou.

Die meganisme bestaan uit silindervo­rmige hefbome wat met behulp van vere op en af beweeg.

Die hek self bestaan uit twee ewe groot roosters met ’n skarnieren­de verbinding. Vir motorverke­er lê die dubbele rooster kromrug oop met die twee kante wat op die grond rus en die skarnierge­deelte in die middel wat 9 duim (22 cm) bokant die grond is. In dié posisie sal geen dier sy poot in die rooster waag nie.

Wanneer ’n voertuig oor die hek ry, sak die rooster met behulp van die meganismes in die hoekpale tot teen die grond. Om diere te laat deurgaan, vou ’n mens die twee roosters toe teen mekaar, haak dit by een van die hoekpale los en swaai die hek oop.

Omdat die hoekpale deel van die hek-eenheid is, kan die motorhek maklik opgerig word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa