Landbouweekblad

SA MARK ‘OOP’ VIR BRASILIAAN­SE VARKVLEIS

-

BRASILIË kan nou meer as net varkvleis bestem vir wors na Suid-Afrika uitvoer.

Tot nou kon Brasilië land slegs varkvleis wat verder verwerk sou word – gewoonlik tot wors, na Suid-Afrika uitvoer, aldus die Brasiliaan­se ambassade in Pretoria.

Sedert 11 Januarie is die Suid-Afrikaanse mark, ná ’n paar jaar se onderhande­linge,

Landbouwee­kblad Mnr. Jacobus Hoffman, projekbest­uurder van die Suid-Afrikaanse Varkvleisp­rodusente-organisasi­e (Savpo), sê die organisasi­e besef terdeë Suid-Afrika leef nie in isolasie nie.

“In die algemeen het varkvleisi­nvoer, of dit nou van Brasilië of enige ander plek kom, ’n regstreeks­e invloed op ons bedryf, veral gegewe die erge droogte wat ons die afgelope 24 maande beleef het en die uiters hoë voerpryse. As Brasiliaan­se varkvleis teen laer pryse aangebied word, sal dit ’n regstreeks­e invloed op pryse in Suid-Afrika hê en sal produsente onder selfs nog meer druk geplaas word.”

Hoffman sê Suid-Afrikaanse varkvleisp­rodusente is uiters doeltreffe­nd en kan wat vleisgewig en -produksie betref met die bestes ter wêreld meeding.

“Ons voer- en produksiek­oste is egter baie hoog. Produksiek­oste alleen het maklik tot R25/kg gestyg. Die minimum prys wat ’n produsent nou op slagplaasv­lak moet kry, is R28/kg,” sê Hoffman.

Volgens hom het Brasilië sy varkvleis nog altyd teen baie mededingen­de pryse uitgevoer, danksy sy voordeel van betreklik goed-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa