Landbouweekblad

GOEIE REËN BRING HOOP VIR LEË DAMME

- — JASPER RAATS

TERWYL boere hul kop in dankbaarhe­id laat sak vir die goeie reën wat in die afgelope maand oor Suid-Afrika se somerreëng­ebied uitgesak het, is daar gebiede waar boere nog nie heeltemal uit die moeilikhei­d is wat watertekor­te betref nie.

Met net 21% water is die vlak van die Tzaneendam, wat die sitrus- en subtropies­evrugte-produksieg­ebiede van Tzaneen en Letsitele bedien, steeds kommerwekk­end laag.

“Danksy die goeie reën lyk ons oeste da- rem goed,” sê mnr. Pieter Vorster, voorsitter van Agri Letaba.

Hy hoop dit reën in die volgende twee tot drie maande genoeg dat plaasdamme en die groot opgaardamm­e in die gebied vol genoeg sal word om boere deur die wintermaan­de te dra. “Dit kan nog betyds reën om die Tzaneendam se vlak genoeg te laat styg vir die winter,” sê hy.

Hy voeg by dat ál die damme stroomop van dié dam nou vol of na aan vol is. Dit beteken die water wat nou uit die berge in die Letabarivi­er afkom, gaan in die Tzaneendam eindig.

LOSKOP LYK GOED

Ander belangrike damme waarvan die vlakke nog baie laag is, is die Nzheleleda­m tussen Musina en Louis Trichardt (15,9%), die Flag Boshieloda­m naby Marble Hall (28%), die Middel-Letabadam (21,2%), die Klipkopjes­dam (23%), die Kwenadam (34,9%) en die Ohrigstadd­am (21,5%).

Mnr. Robert Davel, uitvoerend­e hoof van Agri Mpumalanga, sê die meeste plaasdamme in dié provinsie is taamlik vol, maar hy is bekommerd oor die lae vlak van damme, soos die Kwenadam, wat boere in die Onderberg-omgewing deur die winter moet dra.

Volgens mnr. Piet Engelbrech­t van Agri Limpopo is die Loskopdam darem reeds op 57% en daar is nog ’n taamlik sterk invloei.

“Die tafeldruif­boere het ’n goeie oes gehad. Die tabak lyk goed, en so ook die sitrus aan ons bome.”

Davel sê damme wat Mpumalanga se Hoëveld bedien, lyk goed, en so ook riviere en damvlakke om Witrivier en Hazyview.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa