Landbouweekblad

KYK HOLISTIES NA LANDBOU, MAAN G20-RINGKOPPE

- LUCILLE BOTHA

VOLHOUBARE landbou is net moontlik as beleidmake­rs gesamentli­k kyk na grond, water en energie en nie dié drie in isolasie van mekaar beskou nie.

Die T20-taakmag, waarby die bekende Stellenbos­se landbou-ekonoom prof. Nick Vink ingesluit is, is ’n netwerk van dinkskrums uit die G20-lande. Die taakmag meen nuwe beleid oor volhoubare water- en grondgebru­ik is nodig as voedselsek­erheid vir almal bewerkstel­lig wil word.

Landboumin­isters sou van 20 tot 22 Januarie in Berlyn bymekaarko­m vir die Groen Week. In ’n beleidsvoo­rstel wat die T20 daarvoor voorberei het, beklemtoon hulle hoe belangrik dit is dat grond, water en energie nie in afsonderin­g van mekaar beskou moet word nie. Gronden watergebru­ik is in baie streke van die wêreld, ook die G20-lande, nie volhoubaar nie.

MENSEWELST­AND

“Hoewel daar vooruitgan­g gemaak word om honger in die wêreld te verminder, is daar steeds 800 miljoen mense wat deur honger in die gesig gestaar word. Sowat ’n kwart van kinders word belemmer deur wanvoeding. Die situasie is die ergste in Afrika suid van die Sahara en Asië,” lui ’n mediaverkl­aring.

Die T20-groep meen beleid oor hulpbronne, soos grond en water, moet op menslike welstand gerig wees.

“G20-regerings moet seker maak dat stelsels in werking is om grondagter­uitgang en waterstres te meet sodat die dringendst­e probleme geïdentifi­seer en aangeroer kan word,” sê mnr. Homi Kharas van die groep denkers Brookings in die verklaring. –

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Die Land Bank moedig boere wat swaar trek in die droogte aan om om hulplening­s aansoek te doen.
FOTO: JOHAN NORVAL Die Land Bank moedig boere wat swaar trek in die droogte aan om om hulplening­s aansoek te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa