Landbouweekblad

Land Bank se noodfonds vir droogte nog nie leeg

-

SOWAT nege maande nadat die Land Bank R400 miljoen se konsessiel­enings aan droogteget­eisterde boere beskikbaar gestel het, het relatief min boere nog daarvoor aansoek gedoen.

Mnr. Bennie van Rooy, finansiële hoof van die bank, het boere wat nog belang stel, aangemoedi­g om so gou moontlik aansoek te doen.

Daar was onlangs gerugte dat die geld net tot einde Desember beskikbaar was, maar Van Rooy sê dis tot einde Maart beskikbaar. Dié datum kan ook verleng word deur ’n addendum tot die bank se ooreenkoms met die Nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie (IDC), wat die geld aan die bank leen.

Mnr. Mandla Mpangase, IDC-woordvoerd­er, sê ’n verlenging kan einde Maart op grond van die vraag na die geld oorweeg word.

Tans voorsien die IDC nie dat meer geld hiervoor aan die bank geleen sal word nie omdat die bestaande bedrag meer as voldoende blyk te wees.

Volgens Van Rooy is sowat die helfte van die totale bedrag reeds in die vorm van lenings toegestaan.

“Daar is ’n redelike toevloei van aansoeke en dit word vinnig verwerk sodat lenings gereeld toegestaan word. Tientalle boere is al op dié manier gehelp.”

Verlede Oktober het mnr. TP Nchocho, uitvoerend­e hoof van die bank, gesê 53 aansoeke van net meer as R65 miljoen was teen 31 Augustus goedgekeur. Die bank was toe besig met die verwerking van nog 52 aansoeke van sowat R194 miljoen. Van Rooy sê die bank wil graag die volle R400 miljoen van die IDC-lening op dié manier vir droogtehul­plenings aan kliënte benut. Dit is nie net bestaande kliënte wat kan aansoek doen nie, maar ook nuwes.

Die bank hef ’n rentekoers van prima minus 3% vir die lenings, wat inderwaarh­eid ’n laer koers is as die een wat die bank aan die IDC moet betaal.

KRITERIA

Wanneer boere aansoek doen, word die normale kredietaan­soekproses gevolg, soos vir enige ander Land Bank-lening. Opkomende boere het laat verlede jaar op ’n werksessie van Agri SA gesê boere wat die hulp broodnodig het, kan weens die uitleenkri­teria nie toegang kry daartoe nie.

Mnr. Johan Pienaar, adjunkuitv­oerende direkteur van Agri SA, sê wat ook daartoe kon bydra dat die skema nie ten volle benut is nie, is dat handelsban­ke na aanleiding van gesprekke met Agri SA probeer het om bevredigen­de finansiële reëlings met hul kliënte te tref.

“Ek glo landbou-ondernemin­gs het in die algemeen ook dié benadering gevolg. Die skema behels in wese skuldkonso­lidasie teen ’n verlaagde rentekoers, wat uiteraard ook evaluasie van die werklike finansiële posisie van boere deur die Land Bank sou vereis.

“Bystand sal uiteraard nie verleen word indien dit nie herstelver­moë sal verseker nie.”

Pienaar sê Agri SA sal teen Maart, na aanleiding van terugvoer van sy lede, met die Land Bank skakel oor opname van die skema en om vas te stel of die deelnamere­ëls dalk veroorsaak het dat min boere kon deelneem.

Vir navrae oor die skema, besoek ’n Land Bank-tak of stuur e-pos aan

‘Bystand sal uiteraard nie verleen word indien dit nie herstelver­moë sal verseker nie.’

– CARIEN KRUGER en MARLEEN SMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa