Landbouweekblad

Reën is sommige se brood, maar nie vir rosyntjieb­oere

- LUCILLE BOTHA

HOEWEL boere in groot dele van die droogte-geteisterd­e NoordKaap verheug is oor die onlangse reën, het dit rosyntjieb­oere in die Benede-Oranjerivi­erstreek vir die tweede agtereenvo­lgende jaar hard getref en hul hoop op ’n rekordoes laat taan.

Op sommige plekke oos van Upington het dit sedert Nuwejaar al 200 mm gereën. Kultivars soos sultanas was toe in die finale stadium van rypheid.

“Daardie druiwe is kapoet. Party boere byt nog vas en hoop hulle kan iets oes, maar baie boere het besluit om dit eerder na die kelders toe aan te ry vir versapping.

“Wat winsgewend­heid betref, kan jy dit nie vergelyk met droogdruiw­e nie, maar hulle het besluit om eerder die paar sent te vat pleks van niks,” sê mnr. Henning Burger, wingerdbou­kundige bestuurder by Orange de, volstruisk­ampe en landerye oor ’n afstand van 150 meter het ook weggespoel.

KRITERIA

River Cellars.

Boere moet nou bontstaan om te keer dat botritis in die wingerd versprei – ’n taak wat bemoeilik word deur die hoë humiditeit.

REKORDOES

Burger sê voor die reën was een van die grootste rosyntjie-oeste tot dusver moontlik.

“Ek dink die oes was sowat 10% groter as verlede jaar. Daar word nog baie reën voorspel, wat verdere verliese kan veroorsaak.”

Hy sê rosyntjieb­oere het verlede jaar meer gely as wat die geval is tot dusver vanjaar.

Gebiede oos van Upington, soos Kanoneilan­d, Grootdrink en Groblersho­op, het swaar neerslae aangeteken. Op sommige plekke het dit 160 mm binne 24 uur gereën.

Hy sê dit is buitengewo­ne weer vir Januarie. “Ons is gewoond aan donderstor­ms en reën in oestyd, maar gewoonlik eers laat in Februarie.”

WYNBOERE

Tot dusver kon wynboere darem skade vryspring, maar hulle hou nou asem op dat hulle nie in dieselfde bootjie as rosyntjieb­oere gaan wees wanneer parstyd oor ’n paar weke in volle swang is nie. –

 ?? FOTO: NICOLA JORDAAN ?? Mnr. Nico Grobbelaar in ’n lusernland wat deur die vloedwater­s weggespoel is.
FOTO: NICOLA JORDAAN Mnr. Nico Grobbelaar in ’n lusernland wat deur die vloedwater­s weggespoel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa