Landbouweekblad

Grootfonte­in-veearts terug in sy pos

- — MEDEWERKER

DR. JOHAN VAN ROOYEN, ’n spesialis-veearts by die Landbou-ontwikkeli­ngsinstitu­ut Grootfonte­in, keer op 23 Januarie terug werk toe ná ’n skorsing van ses maande en ’n uitmergele­nde dissiplinê­re proses waarteen hy tans appèlleer.

Van Rooyen is verlede Julie geskors hangende verskeie dissiplinê­re klagtes. Hy is vir die duur van sy skorsing verbied om enige werk te doen, wat konsternas­ie veroorsaak het in die plaaslike boerderyge­meenskap.

Hy is intussen skuldig bevind aan vyf klagtes en is drie geskrewe waarskuwin­gs opgelê. Sy posvlak is ook verlaag, ofskoon dit nie duidelik is wat sy nuwe pos sal wees nie.

“Dit was ’n besonder frustreren­de en moeilike tyd,” sê Van Rooyen, wat nege vakke per semester by Grootfonte­in aanbied.

Sy skorsing hou skynbaar verband met ’n magstryd tussen die vakbonde Public Servants Associatio­n (PSA) en Nehawu. Van Rooyen is die plaaslike voorsitter van die PSA en sy lede bestuur ’n groot deel van Grootfonte­in se akademiese program.

ONDERSOEK

Van Rooyen is deels geskors omdat hy op 19 Julie verlede jaar lede van die PSA aangesê het om hul samewerkin­g te weerhou van ’n taakspan van die Departemen­t Landbou, Bosbou en Visserye wat die finansiële bestuur van trusts wat van Grootfonte­in se kuddes besit, ondersoek het.

Hy het aangedui dat hy geen probleem met die ondersoek gehad het nie, maar dat hy PSA-lede afgeraai het om deel te neem omdat hy nie besonderhe­de van die ondersoek ontvang het nie. Nadat hy egter dié inligting Van Rooyen is skuldig bevind daaraan dat hy beweer het me. Mmapitso Mashele, die departemen­t se personeelh­oof, trek Nehawu-lede voor; dat hy mnr. Philemon Ngala, ’n Nehawu-amptenaar, ná sy skorsing gevra het of hy nou gelukkig is; en verskeie mense by die departemen­t gekontak het sonder toestemmin­g van die departemen­t se korporatie­we hoof en direkteur-generaal. Hy is ook daaraan skuldig bevind dat hy private werk sonder toestemmin­g gedoen het.

Van Rooyen het teen dié bevinding en sy “onwettige skorsing” geappèllee­r.

Mnr. Doug Stern, voorsitter van Agri OosKaap, sê die aangeleent­heid is kommerwekk­end en behoort ondersoek te word. “Ons studente by Grootfonte­in, sowel as die groter landbougem­eenskap, word nadelig geraak daardeur.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa