Landbouweekblad

SENSEED ’N NUWE TELG VAN SENSAKO EN VKB

- — MARLEEN SMITH

TWEE SUID-AFRIKAANSE swaargewig­te, die saadmaatsk­appy Sensako en die landboumaa­tskappy VKB, het verlede Maandag in die Oos-Vrystaat kragte saamgesnoe­r.

Senseed, ’n gesamentli­ke ondernemin­g waarin VKB en Sensako gelyke aandele besit, is saam met die amptelike opening van Sensako se nuwe saadaanleg op die maatskappy se proefplaas buite Bethlehem bekend gestel.

Die nuwe vennootska­p is daarop gemik om beter op die belange van die Suid-Afrikaanse boer te konsentree­r, sowel as om beter bemarking deur die nuwe aanleg te bewerkstel­lig, het die twee maatskappy­e in ’n gesamentli­ke verklaring gesê. VKB sê in die verklaring hy streef daarna om alle produksiem­iddele aan sy klante te voorsien. Saad is een van die groot insette wat boere se winsgewend­heid bepaal.

Sensako het op sy beurt sedert die 1950’s ’n stewige reputasie met die teling en genetiese verbeterin­g van graangewas­se opgebou. Sedert dié maatskappy homself in 2008 opnuut bekend gestel het, het hy sy tradisione­le klem op koring ook na hawer, gort, rog, mielies, sonneblomm­e en sojasaad uitgebrei.

NUWE HOOFSTUK

Sensako meen hy is nou gereed om sy reeks kommersiël­e produkte in die afsienbare toekoms na hierdie gewasse uit te brei. Heelwat is reeds te koop.

Mnr. Andries Theron, ondervoors­itter van Graan SA, het na die nuwe vennootska­p en aanleg verwys as die inleiding tot ’n nuwe hoofstuk wat oor die Suid-Afrikaanse graanbedry­f geskryf word.

Hoër opbrengste, en dus genetiese ontwikkeli­ng en navorsing, is wat die verskil gaan maak om dié bedryf se oorlewing te verseker, het hy gesê. “Niks gaan bly soos dit was nie, en die heel gevaarliks­te sal wees om in ’n gemaksone te verval.”

Theron het ernstig teen politieke inmenging in navorsing gewaarsku. “Die politiek moet uit navorsing gehaal word, anders gaan ons dít wat ons reeds het, ook nog verongeluk,” het hy gesê.

“Ons móét tog vorentoe beweeg. Ons kan nie bekostig om te stagneer nie. En om vorentoe te gaan, moet ons in staat gestel word om ons boerderye en besighede (met verbeterde tegnologie) volhoubaar te bedryf.”

Theron het bygevoeg dat hy steeds vas glo die toekoms van Suid-Afrika lê in die landbou en sal in die landbou bly.

‘Die politiek moet uit navorsing gehaal word, anders gaan ons dit wat ons reeds het, ook nog verongeluk.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa