Landbouweekblad

BEURTKRAG ’N RAMP VIR LANDBOUBES­IGHEDE

- — CARIEN KRUGER

Eskom se beoogde kragonderb­rekings kan katastrofi­ese gevolge vir ’n landboubes­igheid inhou, sê mnr. Chris Schutte, uitvoerend­e hoof van Astral Foods.

Eskom sou beurtkrag, en later algehele kragonthou­ding, op 23 Januarie in die Lekwa-munisipali­teit (Standerton) begin.

Schutte sê Astral is Lekwa se grootste kliënt en maak staat op die ononderbro­ke voorsienin­g van krag en water.

“In ’n hoenderboe­rdery moet voer, water en ventilasie te alle tye vir die voëls beskikbaar wees.

“Die hoenderver­werkingsaa­nleg, wat groot hoeveelhed­e krag gebruik, het deurlopend­e kragvoorsi­ening vir sy bedrywighe­de nodig.

“Dit is ’n aaneenlope­nde siklus en elektrisit­eit hou die masjinerie en verkoeling aan die gang,” sê Schutte in ’n verklaring.

Astral se Eskom-rekening is tans ten volle betaal.

Schutte sê Astral, met sy Goldi-verwerking­saanleg, die Meadow Feeds-meule – die grootste in Afrika – en die meeste van Astral se braaihoend­erplase in die Standerton­omgewing, is die grootste werkgewer daar.

REGSTAPPE

Teen druktyd het Eskom reeds beurtkrag in sekere munisipali­teite in Noordwes en die Noord-Kaap toegepas en nog munisipali­teite sou later ook daaronder deurloop.

Verskeie munisipali­teite het wel deur afbetaling­sooreenkom­ste beurtkrag voorkom.

In die Madibeng-gebied (Brits) het Syngenta Crop Protection en ander ondernemin­gs volgens Netwerk24 met dringende hofstappe daarin geslaag om ’n ooreenkoms met Eskom te bereik dat beurtkrag tot 26 Januarie nie ingestel sou word nie.

Teen druktyd was Astral ook besig om regstappe te doen.

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz, sê die beoogde kragonderb­rekings skep ’n totaal onaanvaarb­are situasie.

“In bykans alle kleiner, platteland­se dorpe, juis waar die probleem van nie betaling aan Eskom voorkom, vorm landboubes­ighede die kern en grondslag van die ekonomie.”

Enige weerhoudin­g van kragvoorsi­ening gaan beslis ’n invloed op die betrokke landboubes­ighede hê, veral by verwerking­saanlegte en ook by graanopber­gingsgerie­we, sê Purchase.

ETORFIEN

Dr. Peter Oberem, direkteur van Afrivet en adjunkvoor­sitter van Wildbedryf SA, bevestig dat die regulasies probleme in die wildbedryf veroorsaak.

Hy verduideli­k die plaaslik vervaardig­de M99 die voorkeurmi­ddel vir die neutralise­ring van wild is. Daar word egter nie genoeg van dié produk vervaardig om in

PANEELKISS­IE

 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Nuwe regulasies wat dit moeilik maak om etorfien in te voer, plaas druk op die voorraad verdowings­middels wat met wildvangst­e gebruik word.
FOTO: LUCILLE BOTHA Nuwe regulasies wat dit moeilik maak om etorfien in te voer, plaas druk op die voorraad verdowings­middels wat met wildvangst­e gebruik word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa