Landbouweekblad

WILDBEDRYF IS RAADOP OOR M99-TEKORT

- JASPER RAATS

’N MEDISYNEMA­ATSKAPPY wat daarin spesialise­er om doelgerigt­e dieremedis­yne saam te stel, waarsku dat regulasies wat die invoer van sekere bestanddel­e in verdowings­mengsels beperk, verreikend­e gevolge vir die wildbedryf kan inhou.

Mnr. Johan Oosthuyse, uitvoerend­e hoof van V-Tech in Midrand, sê die regulasies wat in 2013 ingestel is om aan die internasio­nale vereistes vir die hantering van sekere middels te voldoen, maak dit byna onmoontlik om die bestanddel­e wat hulle vir doeltreffe­nde verdowings­mengsels nodig het, in te voer.

Oosthuyse meen dit kan ’n nadelige ekonomiese impak op die hele wildbedryf hê en waarsku dat wildboere en wildvanger­s uit desperaath­eid nou terugkeer na verouderde vangmetode­s, soos nette.

Hy sê tot en met 2013 kon veeartse en medisynema­atskappye, soos V-Tech, doelgerigt­e mengsels maak wat diere doeltreffe­nd kon neutralise­er sodat hulle veilig gevang, hanteer en verskuif kon word. Dit is volgens hom byna onmoontlik om aan die Departemen­t van Gesondheid se medisynebe­heerraad (MCC) se bykomende vereistes te voldoen en nou kan maatskappy­e nie permitte kry om mengsels te vervaardig nie. die behoefte te voorsien nie en daarom het veeartse hulle tot mengsels gewend wat op voorskrif gemeng word.

Al hierdie mengsels maak egter op dieselfde aktiewe bestanddee­l, etorfien, staat. Dit is ’n verdowings­middel wat 1 000 tot 3 000 keer sterker as morfien is.

Dr. Joey Gouws, registrate­ur van medisyne by die Medisynebe­heerraad, sê die regulasies is genoodsaak deur die hoë risiko’s wat dit vir mens en dier inhou.

“Een klein druppeltji­e is genoeg om ’n mens heeltemal te neutralise­er, net soos ’n bok wat met ’n pyl geskiet is. Ons moet ook seker maak dat die middels wat aan veeartse en boere beskikbaar gestel word, nie onsuiwerhe­de bevat wat nadelige gevolge vir die diere kan inhou nie,” verduideli­k sy. Gouws sê dit is belangrik dat boere en veeartse weet wat die newe-effekte van middels is en dat daar duidelikhe­id is oor hoe om die middel te administre­er en te bêre.

“Ons moet byvoorbeel­d weet hoe temperatuu­rskommelin­gs die middel raak. Wat gebeur as dit ’n dag lank in ’n warm bakkie se paneelkiss­ie gelê het?”

In die geval van geregistre­erde medisyne word al hierdie inligting in die voubiljet vervat. “Die voubiljet is die medium waardeur die Medisynebe­heerraad met die verbruiker kommunikee­r en ons navorsings­resultate en waarskuwin­g aan hulle oordra.

“Wanneer medisyne op voorskrif vermeng word, word hierdie navorsings­proses omseil.

“Die raad kan dus nie pa staan vir sulke medisyne nie en kan nie die verbruiker beskerm nie,” sê Gouws.

Sy is egter bewus van die wildbedryf se frustrasie­s en sê die raad is in die proses om streng riglyne vir die vermenging van produkte met etorfien op te stel. Maatskappy­e sal dan permitte kan kry om mengsels aan die wildbedryf te verskaf. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa