Landbouweekblad

Regering, bedryf byeen oor krisis

- CARIEN KRUGER

DIE pluimveebe­dryf is optimistie­s dat hy saam met die Regering ’n oplossing vir sy benarde situasie kan vind. Mnr. Kevin Lovell, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV), sê die eerste vergaderin­g op 17 Januarie tussen die bedryf en die staat het goed verloop.

“Albei partye kon hul interpreta­sie van die situasie gee,” sê Lovell.

Verteenwoo­rdigers van onder meer die Departemen­t van Handel en Nywerheid en van Landbou, Bosbou en Visserye het die vergaderin­g bygewoon.

Die vergaderin­g is deur ’n groot groep mense bygewoon en ’n kleiner groep is aangewys om binnekort weer te vergader en die proses verder te voer. Lovell sê die partye het ooreengeko­m dat oplossings gevind moet word wat prakties is en strook met die reëls van die Wêreldhand­elsorganis­asie.

Die vergaderin­g volg nadat afleggings en moontlike verdere werkverlie­se in die sektor

wye mediadekki­ng gekry het.

Vakbonde en politieke partye het ook by openbare debat oor die bedryf se situasie betrokke geraak. Die jongste toetreder was mnr. Julius Malema, EFF-leier, wat luidens mediaberig­te vra dat ’n tarief van 50% op alle ingevoerde hoendervle­is gehef word.

Malema vra terselfder­tyd dat so ’n tarief ondersteun moet word deur werknemer-aandeleske­mas sodat werkers 50% van alle hoenderpro­duksie-ondernemin­gs kan besit.

Dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, het in Desember ’n voorlopige beskermend­e tarief van 13,9% op ingevoerde hoenderstu­kke aan die been uit die Europese Unie afgekondig.

Dit geld tot 3 Julie en die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) moet intussen ondersoek wat die uiteindeli­ke beskerming­starief behoort te wees.

Die bedryf het die 13,9% as “te min, te laat” gekritisee­r.

Mnr. David Wolpert, uitvoerend­e hoof van die Assosiasie van Vleisinvoe­rders en -uitvoerder­s (Amie), het in ’n meningstuk in Business Report gesê invoer verteenwoo­rdig 14% van die totale hoendervle­isverbruik en dat plaaslike pluimveeba­se eerder na hul sakeplanne moet kyk. Só kan hulle sikliese ongunstige weerpatron­e teëwerk, gesonde balansstat­e handhaaf, doeltreffe­nd meeding en werksekerh­eid vir hul arbeidsmag verseker. –

2

’n Kleiner groep is aangewys om weer te vergader en die proses verder te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa