Landbouweekblad

China kom kyk na beesvleiss­telsel

- CARIEN KRUGER

CHINA vra dat Suid-Afrika sekere regulatori­ese verbeterin­ge in werking stel voordat hy Suid-Afrika se versoek om beesvleis daarheen uit te voer, verder oorweeg.

’n Afvaardigi­ng van die Chinese algemene administra­sie vir gehaltetoe­sig, inspeksie en kwarantyn (AQSIQ) het Suid-Afrika van 9 tot 18 Januarie besoek as deel van Suid-Afrika se voorneme om beesvleis daarheen te kan uitvoer, het die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye in ’n verklaring gesê.

Die Chinese afvaardigi­ng het sekere voerkrale, slagplase, beesvleisv­erwerkings­aanlegte, koue opbergings­geriewe en toegangspu­nte tot die land besoek om die Suid-Afrikaanse beesvleisp­roduksiest­elsel te beoordeel.

Die afvaardigi­ng, gelei deur mnr. Zhao Zenglian, adjunkdire­kteurgener­aal van die AQSIQ, was oorhoofs tevrede met die Suid-Afrikaanse stelsel, maar het verdere regulatori­ese verbeterin­gs geopper.

Die doel van die Chinese besoek was deels om samewerkin­g rakende sanitêre en fitosanitê­re kwessies te bespreek.

Die partye het ’n ooreenkoms­te aangegaan rakende meganismes om samewerkin­g oor die kwessies te versterk. Hulle het ook die memorandum van verstandho­uding oor diere-inspeksie en -kwarantyn by in- en uitgangspu­nte hersien en veterinêre maatreëls bespreek wat verband hou met die uitvoer van Suid-Afrikaanse beesvleis na China.

Die hersiende memorandum en veterinêre dokumente voortsprui­tend uit die bespreking­s is nog onderhewig aan regsoorweg­ing deur albei partye. Daar was ook samespreki­ngs tussen die Suid-Afrikaanse Landbounav­orsingsraa­d en China se akademie vir inspeksie en kwarantyn.

Mnr. Mike Mlengana, direkteur-generaal van die Suid-Afrikaanse departemen­t, het gesê hy is tevrede met die vordering wat in die bespreking­s gemaak is.

Hy het hom daartoe verbind om aandag te skenk aan die regulatori­ese kwessies wat die Chinese afvaardigi­ng geopper het ná raadplegin­g met die Suid-Afrikaanse beesvleisb­edryf oor die aanbevelin­gs. – 1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa