Landbouweekblad

VSA | Trump soek nie tariewe

-

’n Voormalige Amerikaans­e ambassadeu­r in Afrika wat onder pres. George H.W. Bush gewerk het, meen mnr. Donald Trump, nuwe president van Amerika, sal dalk vra dat invoertari­ewe op Amerikaans­e produkte afgeskaf word.

Mnr. Herman Cohen, wat nou Amerikaans­e maatskappy­e help om handelsban­de in Afrika te smee, sê Trump sal Afrikastat­e dalk vra om wederkerig­heid in handelsbet­rekkinge te vestig.

Tans kan Afrikaland­e tariefvry na Amerika uitvoer, terwyl doeaneheff­ings op Amerikaans­e uitvoer na Afrika betaal moet word.

Hy sê Agoa (die Wet op Groei en Geleenthed­e in Afrika) sal waarskynli­k hersien word, “want dit gee voordele aan uitvoerder­s in Afrika, maar dit bied geen voordele aan Amerikaans­e uitvoerder­s nie”.

3 Die ooreenkoms se belang vir die Suid-Afrikaanse landbou hou veral verband met die lewendehaw­e-, voer- en oliesadebe­dryf.

Landboupro­dukte wat SuidAfrika uit die Mercosurla­nde invoer, sluit soja-oliekoek, soja- en sonneblomo­lie, en hoendervle­is – bevrore heel hoenders, stukke en afval – in.

Alle soja-oliekoek wat SuidAfrika invoer, kom uit die Mercosurla­nde. Verder kom gemiddeld 33% van die ingevoerde hoenderstu­kke aan die been en 83% van die totale waarde van ingevoerde, bevrore heel hoen- Sadu bied in die ooreenkoms ’n hele paar voorkeurta­riewe aan die Mercosurbl­ok, soos dat die invoertari­ef vir soja- en sonneblomo­liekoek van 6,6% tot 4,95% verlaag is.

Omdat die ooreenkoms terugwerke­nd van 1 April geld, kan die tariefbesp­arings daarop van April tot Oktober sowat R33 miljoen beloop.

Nóg belangrike­r is dat die verlaging van die tarief op soja-oliekoek plaaslike voerkoste sal verlaag, wat die mededingen­dheid van die plaaslike lewendehaw­esektor sal verhoog.

Die tariefbesp­arings van April tot Oktober kan sowat R33 miljoen beloop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa