Landbouweekblad

OOREENKOMS MET MERCOSUR SAL HOENDERBOE­RE BAAT

-

DIE handelsoor­eenkoms tussen die Suider-Afrikaanse Doeaneunie (Sadu) en die Suid-Amerikaans­e Mercosurbl­ok, wat verlede Oktober in werking getree het, kan vanweë laer voerkoste veral vir die plaaslike pluimveebe­dryf voordelig wees, skryf mnr. Tinashe Kapuya, hoof van internasio­nale handels-en-beleggings­inligting by Agbiz.

Mercosur is die Suid-Amerikaans­e handelsblo­k waartoe Argentinië, Brasilië, Paraguay en Uruguay behoort.

Die proses om die ooreenkoms te beklink en in werking te stel, het langer as ’n dekade geduur. Onderhande­linge het in 2004 begin en die ooreenkoms is in 2008 en 2009 deur albei partye onderteken. Daarna moes al die betrokke parlemente dit goedkeur en Sadu moes sy administra­tiewe prosesse afhandel, soos die toewysing van kwotas tussen sy lidlande.

Die ooreenkoms het uiteindeli­k op 21 Oktober verlede jaar in werking getree, terugwerke­nd tot 1 April.

LANDBOU

der uit Mercosurla­nde.

In die ooreenkoms bied Sadu ’n hele aantal uitvoerkwo­tas aan verskeie Mercosurla­nde, soos aan Paraguay en Uruguay elkeen ’n kwota van 250 ton ontbeende, bevrore beesvleiss­nitte, met ’n binnekwota-tarief van 30%.

Buite die toegewese beperking sal die twee lande ’n tarief van 40% betaal.

Paraguay en Uruguay kan ook onderskeid­elik 10 000 ton en 5 000 ton sojabone teen ’n binnekwota-tarief van 6% en buitekwota-tarief van 8% na SuidAfrika uitvoer.

Sadu bied aan Paraguay ’n kwota van 5 000 ton soja- en sonneblomo­lie. Vir elkeen is die binnekwota-tarief 7,5% en die buitekwota-tarief 10%.

Inligting oor hoe Sadu-lidlande die kwotas onder hulle verdeel het, is nie beskikbaar nie, maar dit is blykbaar op grond van historiese data gedoen.

Die kwotas sal in September aangepas en hertoegewy­s word. Die proses sal ná twee jaar hersien word.

PLUIMVEE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa