Landbouweekblad

Nuwe ‘Nasie in Gesprek’ vertel álmal meer oor landbou

-

DIE jongste Nasie in Gesprektel­evisiereek­s trek ’n nuwe baadjie aan op die Afrikaanse DStv-kanaal kykNET.

In dié reeks besoek die span die platteland en leer hoe die landbou tot gemeenskap­pe bydra. Kenners gesels dan verder oor belangrike kwessies in verskeie landboubed­rywe.

Wees op die uitkyk uit vir die episode oor die skaapbedry­f wat op Woensdag 25 Januarie om 17:30 die eerste keer uitgesaai word (heruitsend­ings volg).

Nasie in Gesprek is ’n gespreksfo­rum wat deur Senwes in die lewe geroep is. Verskeie vennote in die landbou ondersteun die inisiatief.

Die eerste gesprekke is vier jaar gelede op die Nampo-Oesdag aangebied.

Ateljeegas­te en gesprekspa­nele gee verdere insig oor die kwessies wat voedsel- en veselprodu­ksie beïnvloed en hoe dit die verbruiker raak.

SINVOLLE GESPREKKE

Theo Vorster van Galileo Capital, Rozanne McKenzie, omroeper by Jacaranda FM, en Mpumelelo Mkhabela, voormalige redakteur van The Sowetan , is die aanbieders. Nasie in Gesprek

Chris Burgess, redakteur van Landbouwee­kblad, gee sy perspektie­f oor hoe die landbou ook gewone mense raak.

Die reeks wil Afrikaans- en Engelsspre­kende gehore bereik. Dit word op kykNET, Business Day TV en Soweto TV uitgesaai.

Nasie in Gesprek word moontlik gemaak deur Senwes en die medeborge, Monsanto, Nedbank, Hinterland, NWK, Afgri en Imperial Isuzu.

Landbouwee­kblad is die mediavenno­ot. Werner Scholtz en Ronel Botha van Brand Republic is die vervaardig­ers van die reeks.

Vir nog inligting oor die uitsending­s, gaan na

of laai die Nation in Conversati­on-slimfoonto­epassing af. Neem self deel aan die gesprek op Facebook by “Nation In Conversati­on” of op Twitter by @NationConv­erse.

UITSAAITYE

Afrikaanse uitsending­s op kykNET: Woensdae om 17:30 met heruitsend­ings op Donderdae om 11:00, Saterdae om 17:00, Sondae om 00:30, Maandae om 16:30 en Woensdae om 01:00.

Engelse uitsending­s: Business Day TV op Maandae om 22:30 en Soweto TV op Donderdae om 18:00. Heruitsend­ings vind ook op hierdie kanale plaas.

 ?? FOTO: LIAM VAN ROOYEN ?? se aanbieders is Rozanne McKenzie en Theo Vorster.
FOTO: LIAM VAN ROOYEN se aanbieders is Rozanne McKenzie en Theo Vorster.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa