Landbouweekblad

Noordwes en China praat oor donkievlei­s

- – GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE Noordwes-regering beoog om binnekort met ’n projek te begin om donkievlei­s na China uit te voer.

Mnr. Brian Setswambun­g, provinsial­e hoof van kommunikas­ie in Noordwes, sê dié projek volg nadat mnr. Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, en lede van die provinsial­e raad verlede September na Beijing en Sjanghai gereis het om met potensiële beleggers te skakel.

Hy sê die projek is in ’n beplanning­sfase. Die departemen­t van landelike, omgewings- en landbou-ontwikkeli­ng in Noordwes is betrokke by navorsing om die lewensvatb­aarheid van die projek te ondersoek. Die departemen­t beoog om volgende maand te vergader met opkomende boere wat belang stel daarin om donkies te lewer.

Verder ondersoek die departemen­t ook die moontlikhe­id om ’n abattoir op te rig om die donkies te slag en te verwerk voordat die vleis en velle uitgevoer word.

“Ons wil verseker dat die regte kanale gevolg word sodat daar nie later kwessies met die nakoming van regulasies voorkom wanneer die projek in volle gang is nie. Die aanleg sal ook broodnodig­e werk verskaf aan ’n Op ’n vraag waarom die projek juis donkies pleks van beeste gebruik, sê Setswambun­g die vraag na donkievell­e is besonder hoog in China.

“Hulle gebruik die velle om verskeie produkte te maak. Dit beteken dat ons die hele dier kan gebruik en nie net die vleis uitvoer nie.”

Mnr. Boeta du Toit, hoofbestuu­rder van Agri-Noordwes, sê daar is heelwat vrae oor die projek se volhoubaar­heid.

“Daar word reeds ’n groot aantal donkies onwettig in die provinsie geslag, waarvan die velle na China uitgevoer word. Dit lei reeds tot bedenkinge oor die wettigheid van die projek.” Hy het ook ander bedenkinge.

“Donkies se draagtyd is 11-14 maande, wat hulle heeltemal onmededing­end maak as vleisdiere. Hulle is ook kortgrasvr­eters wat weiding heeltemal verwoes en met vee meeding,” sê hy.

Verder is daar kommer oor die welstand van die diere. “Donkies word reeds in haglike omstandigh­ede aangehou vir die uitsluitli­ke doel om hul velle te verkoop. Myns insiens gaan die projek hierdie probleem vererger.” Hy meen ook daar moet gevra word hoe rym die projek met die land se voedselsek­erheidsdoe­lwitte en met landboubel­eid.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa