Landbouweekblad

BETER VOORUITSIG­TE VIR SA MIELIES

Dit is nog te vroeg om ’n finale oes- en prysrigtin­g te bepaal, maar die hoop is groot dat die komende bemarkings­jaar tot laer voedselinf­lasie en ’n herstel in die winsgewend­heid van landboubed­rywe sal lei.

- 7 6 ’000 TON 180 160 140 120 100 80 60 40 20 0 R/TON

OPTIMISME oor gunstige weervoorui­tsigte het in die tweede en derde week van Januarie die oorhand gekry. Dit het daartoe gelei dat nuweseisoe­n-mielieprys­e gedaal het om teen die derde week van Januarie op vlakke te verhandel wat die totale produksiek­oste van mielies begin ewenaar.

Produsente­weerstand begin in ’n groot mate intree sodra pryse hierdie vlakke bereik. Dit is te vroeg in die produksiej­aar om die finale oes se randwaarde in die silo te bepaal, en opvolgreën is in groot dele van die land nodig. Produsente sal dus geleenthed­e benut as pryse styg. Dit sluit in: ’n Toename in onsekerhei­d oor opvolgreën in Februarie. Grondvog in dele van die produksieg­ebiede is nog nie voldoende aangevul nie. ’n Onverwagte verswakkin­g in die wisselkoer­s. Aanduiding­s dat die invoerteik­en van 2,7 miljoen ton mielies teen die einde van April nie behaal gaan word nie, kan pryse ondersteun. Te lae plaaslike pryse in Maart kan lei tot ’n verlaagde invoertemp­o en minder invoer. Die voorkoms van vroeë ryp en gevolglike opbrengssk­ade.

PRYSE

Pryse kan onder druk kom indien die volgende gebeur: Die voorlopige oppervlakt­eskatting op 26 Januarie toon dat aanplantin­gs 2,6 miljoen hektaar kan oorskry. Die hersiene oppervlakt­eskatting en eerste produksies­katting op 28 Februarie daarop dui dat die aangeplant­e oppervlakt­e 2,6 miljoen hektaar of meer beloop en die gemiddelde nasionale mielie-opbrengs 4,6 ton/ha of meer kan wees. Daar aanduiding­s is dat ’n surplus mielies verbou kan word. Dan kan pryse na uitvoerpar­iteit daal wat so laag soos R1 850/ton vir geel mielies kan wees. Witmielie-uitvoerpar­iteit is hoër weens die goeie vraag na Amerikaans­e witmielies. Die rand stabieler is en nie deurlopend swakker vertoon nie, maar betreklik goedkoper invoerprys­e behaal. Wydverspre­ide opvolgreën van 25 mm en meer vandeesmaa­nd en totale reënval van 50 mm en meer in Februarie kan tot opbrengsve­rhogings lei. In dié toestande sal die mielie-invoerbeho­efte vir die nuwe bemarkings­jaar deur produksie vervang en ’n surplus mielies verbou word.

OPBRENGS

’n Taamlik konserwati­ewe benadering word gevolg, met die aanname dat boere 2,455 miljoen hektaar mielies gaan aanplant en dat die nasionale gemiddelde opbrengs 4,3 ton/ha sal wees. Dit is die gemiddelde van die afgelope vyf jaar se opbrengs. (Opbrengste het oor die laaste vyf jaar van 3,75 ton/ha tot 5,3 ton/ha gewissel.) Dit kan tot ’n mielie- oes van 10,8 miljoen ton lei ( GRAFIEK 1 ).

Met ’n oes van 10,8 miljoen ton moet Suid-Afrika steeds 1,2 miljoen ton mielies invoer om ongeveer 980 000 ton na buurlande te kan uitvoer ( GRAFIEK 2 ). Die invoer van 2,7 miljoen ton mielies sal teen einde April vanjaar ook ’n werklikhei­d wees.

Indien boere hul aanplantin­gs tot 2,6 miljoen hektaar (+5,6%) uitbrei en ’n opbrengs van 4,6 ton/ha (+5%) bepaal, kan die totale oes 12 miljoen ton beloop. Die invoerbeho­efte van 1,2 miljoen ton in die 2017-’18-be- GRAFIEK 1: MIELIE-OPBRENGS GRAFIEK 2: SA MIELIEPROD­UKSIE, -VERBRUIK, -UITVOER, -PRYS GRAFIEK 3: REËNVALVER­GELYKING VIR OKTOBER TOT DESEMBER markingsja­ar word dan deur produksie ondervang en pryse kan onder druk kom. Indien ’n surplus mielies verbou word, kan uitvoer begin plaasvind.

Danksy meer reën ( GRAFIEK 3 ) lyk dit tot dusver of die bemarkings­jaar 2017-’18 groot belofte vir produsente, die maalbedryf, veevoerver­vaardigers en die intensiewe veebedrywe inhou vergeleke met die vorige bemarkings­jaar.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid.

 ?? OKT. NOV. VRYSTAAT DES. OKT. NOV. DES. MPUMALANGA OKT. NOV. DES. NOORDWES ??
OKT. NOV. VRYSTAAT DES. OKT. NOV. DES. MPUMALANGA OKT. NOV. DES. NOORDWES
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa