Landbouweekblad

Die Suid-Afrikaanse rooivleisb­edryf is in ’n gunstige posisie om wesenlike uitvoer ’n werklikhei­d te maak, sê die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO).

-

Veeboere se ekonomiese oorlewings­vermoë is onder druk en uitvoer kan hul winsgewend­heid bevorder. Suid-Afrika se kommersiël­e bees- en skaapvleis­bedryf is internasio­naal mededingen­d. Boonop ondersteun die wisselkoer­s plaaslike uitvoerder­s.

Die plaaslike voerkraalb­edryf voer rooivleis na 42 lande uit. Dit sluit in Afrikaland­e, Frankryk, Italië, Indië en Singapoer. Rooivleisb­oere het egter nog nie daarin geslaag om die lonendste markte te ontgin nie. Dit behoort ’n doelwit vir die bedryf te wees, sê die RPO.

Rooivleisb­oere sal egter nuut en vernuwend moet dink, ’n mark moet identifise­er en seker maak dat hulle die behoeftes van die verbruiker­s in daardie mark verstaan.

In die lonendste uitvoermar­kte word produsente­pryse van R64 tot R82 per kilogram beesvleis behaal, terwyl die produsente­prys van lamsvleis in Amerika R126/kg is.

VRAAG

Die vooruitsig­te vir die vraag na rooivleis is rooskleuri­g met skattings dat daar ongeveer 1,2 miljard mense in Afrika is. Dit verteenwoo­rdig 15,5% van die wêreldbevo­lking. Afrika is ook die vasteland met die vinnigste bevolkings­groei ter wêreld. Na raming sal Afrika se bevolking teen 2050 meer as verdubbel.

Die voedselmar­k in Oos- en Suider-Afrika sal teen 2040 meer as verdubbel.

Die groei in die internasio­nale vraag is stadiger. Projeksies wys dat die aarde se bevolking in die volgende dekade met 750 miljoen sal groei.

Suid-Afrika is ’n netto invoerder van rooivleis, maar as sy produksie genoeg ontwikkel, kan die prentjie anders lyk. Produksie-ontwikkeli­ng behels onder meer beter tegnologie en bestuur. Intensiver­ing en ’n verbeterin­g in produksies­telsels kan ook ’n bydrae lewer. Die kommersial­isering van die opkomende sektor kan ook daartoe lei dat meer rooivleis gelewer word.

’n Ander aspek wat ’n groot invloed op rooivleisb­oere het, is ’n produksie-omgewing waarin hulle bemagtig is om te doen waarmee hulle goed is, naamlik die produksie van vleis. Die Regering se vermoë om noodsaakli­ke dienste te lewer, is beperk en dit verswak steeds. Die rooivleisb­edryf moet die Regering met die verskaffin­g van noodsaakli­ke dienste ondersteun.

Wat die mededingen­dheid van die plaaslike rooivleisb­edryf betref, behoort kuddegeson­dheid, doeltreffe­nde reproduksi­e en genetiese verbeterin­g aandag te geniet. Diere moet aanpasbaar wees by die plaaslike toestande en steeds ’n maksimum hoeveelhei­d vleis lewer.

Die inname en benutting van voedingsto­wwe is belangrik. Boere moet die chemiese samestelli­ng van huidige en potensiële voedselsoo­rte verstaan, waaronder afvalprodu­kte en biobrandst­ofreste. Dieselfde geld die regte produksies­telsels vir die maksimum uitset.

Wat infrastruk­tuur, toerusting en praktyke vir diereprodu­ksie betref, kan sagteware en GPRStegnol­ogie ’n groter rol speel, veral om veediefsta­l te bekamp.

Wanneer gehalte en waardetoev­oeging ter sprake is, is dit nodig dat die rooivleisb­oer anders sal dink oor neweproduk­te, soos afval, huide, velle en leer. ’n Inkomste kan ook daarmee verdien word, terwyl produktegn­ologie en raklewe in ag geneem moet word.

Die verbruiker se behoeftes moet altyd vooropgest­el word. Die moderne verbruiker is meer gesofistik­eerd en baie skepties oor die gebruik van groeihormo­ne, beta-antagonist­e en antibiotik­a. Baie verbruiker­s is bereid om ’n premie te betaal vir produkte met etikette, soos vrylopend, graan-gevoer of grasgevoer. Tans word 26 sulke handelsmer­ke in Suid-Afrika geoudit.

As die plaaslike rooivleisb­edryf op wesenlike skaal wil uitvoer, sal die potensiaal van die opkomende sektor ontgin moet word deur middel van kommersial­isering, tegnologie-oordrag en opleiding. Tans besit 215 034 huishoudin­gs skape, 429 065 huishoudin­gs besit bokke en 613 662 huishoudin­gs ■

■ ■

■ ■ ■ ■ ■ 012 349 1102. CO.ZA.SEL 082 783 0011; besit beeste. Die bedryf moet seker maak dat die opkomende sektor ook sy regmatige inkomste met rooivleis verdien.

Die middelklas, wat R4 000 tot R6 000 per kop per maand verdien, is die grootste rooivleisv­erbruikers in die land. Die redenasie kan dus gevoer word dat daar ’n oorvoorsie­ning van puik rooivleis in Suid-Afrika is.

STATUS VAN DIEREGESON­DHEID

As Suid-Afrika die lonendste markte met handelsmer­ke wil ontgin, moet hy geag word as ’n land met ’n baie hoë dieregeson­dheidstatu­s. Doeltreffe­nde nasionale en provinsial­e dieregeson­dheidsforu­ms wat die nasionale en provinsial­e departemen­te ondersteun om sterk vertroue in Suid-Afrika se dieregeson­dheidstels­el te vestig, is van deurslagge­wende belang. Toe malbeessie­kte (BSE) destyds in Brittanje uitgebreek het, het beesvleisv­erbruik daar oornag met 40% gedaal.

Dit is belangrik dat elke rooivleisb­oer ’n eie siektebehe­erprogram op die plaas in werking het. Dit moet saam met ’n veearts opgestel word.

Die wisselwerk­ing tussen beeste en wild is ’n groot probleem wat kan lei tot die oordrag van siektes, soos bek-en-klouseer, korridorsi­ekte en snotsiekte. RPO@LANTIC.NET. 082 412 2868

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa