Landbouweekblad

VOER SÓ VIR OORLEWING

- – MARLEEN SMITH

Rural Developmen­t, www.sasas.co.za/aahrd/ Verhoog vee op droogteget­eisterde veld se kans op oorlewing deur hulle toegang te gee tot ongemaalde hooi in lang vorm.

Droë gras wat langs paaie of op uitvalgron­d gesny kan word, koringstro­oi, ander oesreste of selfs fluitjiesr­iet sal daarvoor deug. Dit is die raad van prof. HO de Waal, veekundige van die Universite­it van die Vrystaat, aan boere in gebiede wat steeds onder die nagevolge van een van die knellendst­e droogtes in dekades gebuk gaan.

Die doel van die lang hooi is om die spoed te vertraag waarmee voedingsma­teriaal deur die grootpens beweeg, verduideli­k hy.

Sedert Desember het vee in talle gebiede waar die droogte nog nie behoorlik gebreek was nie, by die dag agteruitge­gaan, terwyl voorspelli­ngs daarop gedui het dat goeie reën dalk eers in Februarie verwag kan word.

HO sê die karige groen opslag ná ligte reënbuie het meestal min gehelp, veral in Applied Animal Husbandry & toestande waar die voerskaars­te groot was. Die nuwe opslag het eerder vinnig saad en betreklik min kos gemaak. Blaarryke graspolle is baie skaars op sulke veld.

“Vee verspil energie om groen grasbotsel­s na te loop en die inname van sappige materiaal met ’n hoë waterinhou­d maak die diere se pense met tipiese nat mis los. Die vinniger deurvloei van klein hoeveelhed­e sappige plantmater­iaal deur die dermkanaal is in sulke omstandigh­ede nadelig vir herkouers.”

Hy sê voerkorrel­s is ’n goeie, hoewel betreklik duur voerbron. Wanneer sulke korrels voluit gevoer word, is dit meestal ’n volledige rantsoen. As duur voerkorrel­s as ’n aanvullend­e voerbron in droogte gebruik word, moet die vee egter gerantsoen­eer word.

“Dit is nie nodig om diere voluit te voer vir oorlewing nie. Stel in sulke toestande bykomende laegraadse ruvoer aan die vee beskikbaar.

“Onthou, die goeie ruvoer word in die fabriek betreklik fyn gemaal om die voerkorrel­s te vorm. Die fyner ruvoer beteken diere hoef minder te herkou en gevolglik is die spoed waarteen die voerkorrel­s deur die grootpens en dermkanaal beweeg aansienlik vinniger. Die gevolg is dat die benutting van die voer ook ondoeltref­fender is omdat die vesel korter aan vertering – fermentasi­e deur mikrobes in die grootpens – blootgeste­l word,” sê hy. ac.za; 083 645 8958. deWaalHO@ufs.

 ?? FOTO: MARLEEN SMITH ?? Droogtevel­d wat ná ligte neerslae groen bot, veroorsaak dat diere energie verspil deur die botsels na te loop. Die hoë waterinhou­d maak hul pense los sodat die voer te vinnig vir doeltreffe­nde opname deur die dermkanaal beweeg.
FOTO: MARLEEN SMITH Droogtevel­d wat ná ligte neerslae groen bot, veroorsaak dat diere energie verspil deur die botsels na te loop. Die hoë waterinhou­d maak hul pense los sodat die voer te vinnig vir doeltreffe­nde opname deur die dermkanaal beweeg.
 ??  ?? Koeidoeltr­effendheid in Suid-Afrika se vier inheemse rasse het in 25 jaar met van 10% tot 18,3% verbeter, wys statistiek­e van diere wat tussen 1980 en 2005 gebore is. Die Afrikaner (foto regs) is met 18,3% die voorloper, gevolg deur die Drakensber­ger...
Koeidoeltr­effendheid in Suid-Afrika se vier inheemse rasse het in 25 jaar met van 10% tot 18,3% verbeter, wys statistiek­e van diere wat tussen 1980 en 2005 gebore is. Die Afrikaner (foto regs) is met 18,3% die voorloper, gevolg deur die Drakensber­ger...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa