Landbouweekblad

‘REHABILITE­ER DROË VELD MET BUFFERS’

-

Maatskappy­e wat nie-hernieubar­e bronne, soos uraan, gas, klippe, gips of diamante, in die Karoo myn, moet ook verplig word om die historiese skade wat veeboerder­y veroorsaak het, te versag deur grond rondom hul myne te koop en as ’n buffer in stand te hou.

Só skryf drr. Sue Milton en Richard Dean van Renu Karoo in hul artikel “Repairing compound damage in arid ecosystems – challenges and controvers­ies” in Transactio­ns of the Royal Society of South Africa.

“In die rehabilita­sietydperk van twee dekades moet vee van die buffer weggehou, gronderosi­ewerke gebou, indringerp­lante verwyder en die sade van verlore smaaklike spesies teruggebri­ng word,” skryf hulle.

“Veld in die buffer wat in ’n goeie toestand is, sal nie net koolstof vaslê nie, maar ook as beskerming vir plante en diere en as saadbank funksionee­r. Dit sal die herstel van plantegroe­i en dierelewe moontlik maak nadat myne of ontginning gestaak is.”

Hulle stel voor die buffers moet minstens 2 000 ha in die droogste dele van die Karoo wees sodat dit lewensvatb­are bevolkings van die belangriks­te diersoorte kan onderhou.

Sue en Richard glo ’n aansienlik­e belegging in die rehabilita­sie van droë gebiede is nodig om unieke ekostelsel­s te bewaar, iets vir die nageslag na te laat en by te bly met die eise van ’n snelgroeie­nde bevolking.

Deesdae word veranderin­ge in die droë gebiede veroorsaak deur mynbedrywi­ghede en infrastruk­tuur om energiebro­nne, soos son, wind en skaliegas, te ontgin. Die gepaardgaa­nde padboubedr­ywighede, verwyderin­g van plante, grondverdi­gting, onttrekkin­g van water en besoedelin­g veroorsaak dikwels skade. Al word die rehabilita­sie van komplekse ekostelsel­s in die droë gebiede deur droogte en onvoorspel­bare reënval aan bande gelê, móét ekologies en sosiaal aanvaarbar­e maniere gevind word om dit te doen.

Hoewel die Sukkulente en Nama-Karoo betreklik onprodukti­ewe ekostelsel­s is, word ’n derde van die wêreld se sukkulente in die Sukkulente Karoo aangetref, terwyl 40% van die gebied se plante endemies aan die gebied is en die plantegroe­i as bedreig geklassifi­seer word. Dié gebiede, wat sowat ’n derde van die oppervlakt­e van Suid-Afrika en Namibië beslaan, is merkbaar verander deur veeboerder­y, windpompe en veesuiping­s, grens- en kampheinin­gs en bestaansaa­iboerdery.

Die passiewe herstel van plantegroe­i ná oorbeweidi­ng, ploeg, die uitroeiing van indringerp­lante en ander vorme van agteruitga­ng vind dikwels nie in ’n menseleeft­yd plaas nie.

Die rede daarvoor, verduideli­k hulle, is die baie spesifieke sameloop van omstandigh­ede wat nodig is om dié plante te laat blom, saadskiet, ontkiem én die plantjies se oorlewing te verseker, die verlies aan saadbanke en veranderin­ge aan die omgewing ten opsigte van skadu en waterindri­nging. – AMELIA GENIS

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Suid-Afrika se droë gebiede is nie so produktief soos die besproeiin­gsgebiede nie, maar die land kan nie bekostig om dit nié te rehabilite­er nie.
FOTO: AMELIA GENIS Suid-Afrika se droë gebiede is nie so produktief soos die besproeiin­gsgebiede nie, maar die land kan nie bekostig om dit nié te rehabilite­er nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa