Landbouweekblad

Gautenger voer botoon met mielies

’n Opbrengs van 11,11 ton mielies per hektaar op droëland is nie te versmaai nie, wat nog te sê in die afgelope dorre somer se moeilike toestande. Danksy presisiebo­erdery het mnr. Bernard Rabé van Fochville se opbrengs met 15% verbeter – en dié ekstra uit

-

Sedert mnr. Bernard Rabé meer as tien jaar gelede na presisiebo­erdery en kort daarna na geenbewerk­ing oorgeslaan het, pas alles in dié familieboe­rdery by Fochville soos ’n legkaart in mekaar. Nie net is die opbrengs van al sy gewasse hoër nie, maar die koste van duurder toerusting word binne twee tot drie jaar verhaal.

Bernard, wat die eerste prys vir die hoogste mielie-opbrengs op droëland in die westelike produksieg­ebied van Suid-Afrika in DuPont Pioneer se eerste Weeg en Wen-opbrengsko­mpetisie gewen het, boer saam met ’n span op die plaas Tweefontei­n by Fochville in Gauteng. Sy hoofgewas is wit mielies, wat hy met sojabone en sonneblomm­e afwissel. verbou sy gewasse in ’n stelsel van geenbewerk­ing; alles onder droëlandve­rbouing.

Bernard dien in die bestuur van die familie-ondernemin­g Rabé-boerdery, wat benewens akkerbou ook uit kommersiël­e beeste en eierproduk­sie bestaan. Die boerdery was in 2006 Landbouskr­ywers SA se Gautengse Boer van die Jaar en ’n finalis vir nasionale Boer van die Jaar. Dieselfde jaar was Bernard se broer, Albert, die TLU SA se Jongboer van die Jaar.

FINANSIËLE ONTLEDING

Om seker te maak hy is op koers met die regte gewasse en dat hy winsgewend boer, doen Bernard elke jaar ’n finansiële ontleding saam met Senwes se graanontle­dingspan om die winsgewend­ste gewasse te bepaal. Hy kan hom dan ook aan die ander deelnemers meet.

In die vorige somer (2015-’16) was wit mielies sy winsgewend­ste gewas en dit was ook die gewas waarby boere by Fochville geldelik die meeste baat gevind het. In 2014-’15 was sonneblomm­e die winsgewend­ste gewas en in 2013-’14 het sojabone die botoon gevoer.

“Die prys van jou graan en die verspreidi­ng van die reën speel ’n groot rol in winsgewend­heid. Dit is natuurlik ook belangrik om jou oes op die regte tyd te bemark, want ’n boer moet probeer om die hoogste pryse te kry,” sê Bernard, wat die graanbemar­kingsdiens­te van Senwes en ’n private bemarker, Dalevest in Potchefstr­oom, gebruik.

PRESISIEBO­ERDERY

Bernard het in 2004 met presisiebo­erdery begin. Eerstens het hy grondontle­dings gedoen en die resultate gebruik om grondkaart­e op te stel. Toe het hy ’n Radiumkalk­strooier met die samewerkin­g van Senwes aangepas om in sy behoeftes te voorsien.

Kalk word volgens ’n vyfjaarsik­lus op die saailande toegedien aan die hand van grondontle­dings om die pH optimaal te hou – laag op swaar grond en hoër op rooigrond, met ’n goue middeweg van 5,5. Regstellen­Hy

 ??  ?? Hier plant mnr. Bernard Rabé sojabone. Hy verbou mielies, sojabone en sonneblomm­e in ’n wisselbous­telsel.
Hier plant mnr. Bernard Rabé sojabone. Hy verbou mielies, sojabone en sonneblomm­e in ’n wisselbous­telsel.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa