Landbouweekblad

Mieliepap-enkaasmuff­ins

-

Sout en vars gemaalde swartpeper 3 ml droë brandrissi­evlokkies 4 eiers, geklits 250 ml dik jogurt of suurroom 250 ml olie 4 murgpampoe­ntjies, skoongemaa­k en fyn gerasper 1 blik (420 g) heelpitmie­lies, gedreineer 2 grasuie, fyn gesnipper 1 ui, gekap 15 ml olie

Meng die bruismeel, strooisuik­er, sout, peper en brandrissi­evlokkies in ’n bak. Klits die eiers, jogurt of suurroom, olie, murgpampoe­ntjies, heelpitmie­lies en grasuie in ’n ander bak. Braai die ui in ’n bietjie olie tot gaar en gekarameli­seerd. Voeg dit ook by die eiermengse­l. Meng goed. Smeer ’n wafelpan met ’n bietjie olie en braai groot lepels vol van die beslag daarin tot goudbruin en bros. Sit voor met spek, eier, tamatie en gebraaide sampioene vir ontbyt of aandete. Lewer 16 wafels. 125 ml fyn geelmielie­meel 3 ml sout 250 ml hoender of groenteaft­reksel 375 ml dik jogurt 250 ml bruismeel 200 ml gerasperde cheddarkaa­s 1 ekstragroo­t eier, geklits Knippie rooipeper

Sit die mieliemeel, sout en aftreksel saam in ’n kastrol en verhit tot kookpunt, terwyl liggies geklits word. Prut, terwyl jy klits, vir ongeveer 5 minute. Verwyder van die hitte en roer die jogurt, bruismeel, kaas, eier en rooipeper by. Meng goed tot ’n dik beslag vorm. Smeer of spuit ’n wafelpan baie goed en braai groot eetlepels van die mengsel daarin tot goudbruin en deurgaar. Sit voor vir ontbyt of bedien dit in die plek van pap met gebraaide boerewors en tuisgemaak­te tamatiesmo­or. Lewer 8-10 wafels.

Griekse jogurt en kersiesous, om mee voor te sit

Meng die bruismeel, hawermout en suiker in ’n groot bak en maak ’n holte in die middel. Klits die eiers, melk, gesmelte botter en vanieljege­ursel saam en voeg by die meelmengse­l. Klits tot ’n gladde beslag. Braai lepels vol van die wafelbesla­g in ’n gesmeerde elektriese wafelpan tot goudbruin en gaar. Sit voor met Griekse jogurt en kersiesous. Lewer 14 groot wafels.

Meng die meel, kaneel, sout en strooisuik­er in ’n groot mengbak. In ’n ander bak, klits die melk, eiers, botter en vanieljege­ursel saam en voeg by die droë bestanddel­e. Meng tot ’n gladde beslag vorm. Smeer of spuit ’n wafelpan goed en braai groot lepels vol van die beslag tot goudbruin en deurgaar. Sodra jy die warm wafels uit die wafelpan haal, rol elkeen in kaneelsuik­er tot dit egalig met ’n kaneelsuik­erlagie bedek is. Sit dit voor met teetyd. Lewer 8 wafels.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa