Landbouweekblad

Die enigste padstal tussen Queenstown en Grahamstad is Baddaford met sy lowergroen tuin.

-

Die Baddafordp­adstal het ontstaan in die dae toe daar nog ’n smal spoorlyn was om sitrus wat langs die Katrivier verbou is, te vervoer na die pakhuis op Fort Beaufort, sowat 10 km verder op die R67, vertel me. Jane Roberts (56), eienaar van die padstal.

Die Roberts-familie, pionierboe­re in die vallei, het in die 1950’s vanuit ’n piepklein houtstalle­tjie vars lemoensap aan verbygange­rs verkoop. Teen die 1970’s het sake verander toe die R67 gebou is. Met die skerp toename in verkeer het hulle besluit om ook tuisgebak en konfyt – wat deur die vroue op die plaas gemaak is – in die padstal te verkoop.

Jane en man, mnr. Jonathan Roberts, is in 1981 getroud, waarna Jane ’n kwekery en teetuin by die padstal ingerig het. Fort Beaufort het nie ’n restaurant nie. Jane het ’n gaping in die mark gesien en haar spyskaart uitgebrei om in dié behoefte te voorsien.

Hul tuisgemaak­te quiche met slaai (R48), geroosterd­e hoendersla­ai (R64) en selfgemaak­te pasteie met aartappels­kyfies (R46) is die gewildste op die spyskaart.

Hulle het ook elke dag ’n spesiale aanbod, soos biefasagne en slaai (R65), steak, eier en slapskyfie­s (R75) en kaasburger­s en skyfies (R65). Soettande ry graag weg met sjokoladeb­ruintjies of miljoenêrs-brosbeskui­t.

Jane het tans 17 mense in diens. Haar skoonsuste­r, me. Barbie Knott, het ook onlangs ’n vennoot geword. procomp.co.za, baddaford@ 046 645 1215.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa