Landbouweekblad

Wat is die bedoeling?

-

Soms gebeur daar iets wat ’n tergende vraag by ’n mens ontlok: Was dit werklik God se bedoeling dat dit só moet gebeur? En as dit nie is nie, wie se bedoeling was dit dan? Wie het besluit om die knoppie te druk wat die proses aan die gang moes sit?

Dié vraag het my meermale onkant gevang, en nie net ten opsigte van my eie ervaring nie, maar ook oor dié van ander gelowiges wat antwoorde gesoek het.

Laat ek maar eerlik erken: Ek was swak in my poging om antwoorde te gee. So dikwels gebeur daar dinge wat jou diep skok en dan kom die vraag by jou op: Was dit God wat dit oor my laat kom het? Wat wil Hy vir my sê?

Net nou die dag het daar weer iets gebeur wat my in die doodloopst­raat van nie-weetnie laat beland het. Op die plaas waar ek en my vrou meermale gaan ontspan, is daar tans sewe Anatoliese herdershon­de wat as skaap- en bokwagters diens doen. Hulle doen hul werk goed, sommige net beter as ander. Kleinveebo­ere sal weet roofdiere, soos rooijakkal­se en rooikatte, kan jou veegetalle baie vinnig verminder en ’n goeie Anatoliese hond kan van groot hulp wees.

Daar gebeur so dikwels dinge wat jou diep skok en dan kom die vraag by jou op: Was dit God wat dit oor my laat kom het?

My onstelteni­s was egter groot toe iemand die slegte tyding bring dat ’n oorhaastig­e voertuigbe­stuurder vir Mêgan, ’n pragtige hond met sagte bruin oë en ’n vriendelik­e geaardheid, doodgery het. Net die vorige dag het die baas van die plaas vir ons vertel hoeveel Mêgan vir hom beteken.

So ’n dier se waarde word nie in geld gemeet nie. Sy het die vorige dag met ’n trop van 320 bokooie en hul lammers veld toe gegaan en met dieselfde getal teruggekom. Haar onverwagse dood was sleg, maar nog slegter was die onbeantwoo­rde vraag: Waarom juis Mêgan, die modelhond? Wat is die bedoeling daarvan? Wil die Here dalk iets sê? ’n Mens kan raai, maar jy kan ook verkeerd raai.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa