Landbouweekblad

Hoë opbrengste in Kaapse graanproew­e

- — AMELIA GENIS

BESONDER goeie opbrengste is vanjaar in die meeste gewasproew­e van die departemen­t van landbou in die Wes-Kaap behaal.

Dr. Johann Strauss, wetenskapl­ike in volhoubare produksies­telsels en bewaringsl­andbou by dié departemen­t, sê hy is veral opgewonde oor die uitslae van die nuwe wisselboup­roef wat vanjaar op die navorsings­plaas Langgewens buite Moorreesbu­rg begin het.

’n Gemiddelde koringopbr­engs van 4 t/ha is behaal. Die beste land het net minder as 5 t/ha gelewer. Moutgars is vanjaar die eerste keer in die Swartland geplant en ’n beste opbrengs van 4,9 t/ha is behaal. Die gemiddelde opbrengs oor die hele proef was 4,4 t/ha.

Strauss sê die hoogste kanola-opbrengs was 2,9 t/ha, terwyl die proef gemiddeld 2,1 t/ha gelewer het. Die gemiddelde haweropbre­ngs was 2 t/ha, terwyl lynsaad se gemiddelde opbrengs 1,3 t/ha was. Hy sê al is die koring eers in die laaste paar dae van Mei geplant, het hulle goeie reën tot September gekry en was dié maand boonop betreklik koel.

Die peulgewass­e het nie waffers gevaar nie. Fababoonop­brengste was tot 1,5 t/ha en by die wieke is gemiddeld 500 kg/ha geoes. Strauss is nie te bekommerd daaroor nie, want die oesproses is bemoeilik omdat die fababone so laag gegroei het. Wieke se koste is laag en die pitte kan teen sowat R30/kg verkoop word.

Die proef wat tien jaar lank bedryf word en waarvoor ’n skyfplante­r gebruik word, sluit drie stelsels met verskillen­de mates van gewasdiver­siteit in, naamlik stelsel 1: 50% koring, 30% kanola en twee dekgewasse (mengsels van graan- en peulgewass­e); stelsel 2: 50% koring, 10% kanola, 10% fababone, 10% wieke en 20% dekgewasse; stelsel 3: 30% koring, 10% gars, 10% hawer, 20% dekgewasse, 10% kanola, 10% fababone en 10% lynsaad.

Die persentasi­es dui die aantal jare uit tien aan wat ’n sekere gewas geplant gaan word. Strauss sê egter dat die proefplan toelaat dat die opvolging van gewasse aangepas kan word, soos dit in boerderye gebeur.

SUID-KAAP

Gewasse het ewe goed gevaar in die wisselboup­roef op ’n private plaas naby Riversdal. Alle gewasse in die proef is met ’n skyfplante­r geplant.

Die gewasse in die proewe op Tygerhoek en ’n private plaas naby Swellendam is met ’n tandplante­r geplant.

VROU LEI NAMIBIESE JAGTERS

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Besonder goeie kanola-opbrengste is vanjaar in proewe en op kommersiël­e plase in die Wes-Kaap se graangebie­de behaal.
FOTO: AMELIA GENIS Besonder goeie kanola-opbrengste is vanjaar in proewe en op kommersiël­e plase in die Wes-Kaap se graangebie­de behaal.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa