Landbouweekblad

WATERKRIPP­ILLE: WONDERMIDD­EL OF NIE?

Ongeregist­reerde veemiddels hou ’n groot gevaar in vir die veebedryf, maar hulpbronne kan verlore gaan as doeltreffe­nde middels nie geregistre­er is en dus nie versprei mag word nie.

- BRON: WWW.EKOBEHEER.CO.ZA

Dié waterkrip-doseringst­ablette is in die spervuur omdat dit nie ingevolge Wet 36 geregistre­er is nie. om diere te doseer nie. Ek meen ook dit sal nie ingevolge Wet 36 van 1947 geregistre­er kan word nie,” sê hy.

TOETSE IS PEPERDUUR

Dr. Kobus Pretorius, veearts van Gauteng, meen egter dat die Eko Waterkripd­osering wel in ’n mate doeltreffe­nd kan wees. “At (Venter) het vir my mismonster­s gestuur van ’n trop skape voordat hy hulle met sy produk gedoseer het. Daarna het hy nog ’n monster gestuur en daar was ’n waarneemba­re afname in die voorkoms van parasiete in die mis. Die proef is egter nie wetenskapl­ik gedoen nie en dit is daarom moeilik om die doeltreffe­ndheid van die middel te bewys. Die ideale situasie sal wees as hierdie produk deur ’n geloofwaar­dige, wetenskapl­ike proses getoets word en dit dan te registreer,” sê Pretorius.

Só ’n toets is nie goedkoop nie. ’n Groot farmaseuti­ese maatskappy, wat nie sy naam genoem wil hê nie en wat tans besig is met die toetsing van ’n nuwe entstof, het aan Landbouwee­kblad bevestig dat die koste van toetse vir middels slegs vir bosluise tot R800 000 kan beloop. Indien daar vir dosering teen ander kwale en parasiete getoets moet word, sal dit nóg meer kos. ’n Nuwe produk moet ook in die veld getoets word om ’n onthouding­stydperk te bepaal en voedselvei­ligheid te verseker, het die bron gesê.

Venter sê heelwat navorsing is in Amerika oor die aktiewe bestanddee­l asemannan, ’n plantekstr­ak afkomstig van aalwyne, gedoen. “Dit is ’n plantekstr­ak en is uiters doeltreffe­nd om enige bloedsuien­de parasiete te laat vrek. Die hoë koste om ’n produk in Suid-Afrika te laat toets, is die rede waarom daar nie nuwe, onafhankli­ke vervaardig­ers se produkte verskyn nie – dit is bloot onmoontlik om die goed getoets te kry,” sê Venter.

GROOT GEVAAR VIR GANSE BEDRYF

Die feit dat produkte, soos die Eko Waterkripd­osering, in ’n mate doeltreffe­nd is, is vir al die veeartse metwie Landbouwee­kblad gesels het, ’n groot bekommerni­s. “As die produkte glad nie ’n uitwerking op parasiete het nie, dan is daar geen risiko nie, afgesien daarvan dat die boer sy geld mors. Dit is wanneer die produkte net ’n mate van doeltreffe­ndheid het dat die hare op ons nekke begin rys, want dit kan meebring dat diere weerstandi­gheid teen sekere middels ontwikkel wat die bedryf in groot gevaar plaas. ’n Probleem met Eko Waterkripd­osering is dat die dosering nie beheer kan word nie. Die dosering word in die water opgelos en verwater met tyd, wat die ideale situasie is vir die opbou van weerstandi­gheid in parasiete,” sê Hansen.

’N WONDERMIDD­EL VIR SOMMIGE

Cronjé sê egter dat die produk uiters goed werk in al sy kuddes en hom baie geld bespaar.

“As hierdie produk geskrap word, sal ek genoeg voorraad koop om vir my vir die volgende 15 jaar te hou.

“Net op my swartwitpe­nse bespaar ek R200 000 per jaar en ek bespaar miljoene rande aan versekerin­g. AnimalSure het my premie van 6% op versekerde waarde tot slegs 1% op versekerde waarde verminder omdat my diere gesond en sonder parasiete is.

“Ek gebruik die Eko Waterkripd­osering vier weke aanmekaar en slaan dan twaalf weke oor om te verseker dat daar steeds ’n natuurlike weerstand teen parasiete in my kuddes opgebou word. Ek het voorheen farmaseuti­ese middels gebruik, maar vir die afgelope twee jaar gebruik ek niks meer daarvan nie en ek het nog nie ’n enkele dier verloor nie,” het Cronjé aan Landbouwee­kblad gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa