Landbouweekblad

WOESTYNVRU­G KRY GOUE STATUS

- The Desert Sun. MARLEEN SMITH

VAN die Kalifornie­se woestyn tot Suid-Afrika se Namakwalan­d floreer ’n groeiende dadelbedry­f danksy die wêreldwye toenemende verbruiker­sneiging in die rigting van gesonder kos.

Die bekende ZZ2-boerdery, wat onlangs dié bedryf betree het, beoog om van Maart af sy eerste dadeloes in groot volumes te begin pluk. Hulle het die laaste paar jaar op groot skaal palmboorde in die Karas-gebied in Namibië se suide aangeplant.

Die Karsten-groep is Suid-Afrika se grootste dadelprodu­sent – aan die ander kant van die Laer Oranjerivi­er in die Klein-Pella-gebied.

ZZ2 wil vanjaar se oes meestal plaaslik op varsproduk­temarkte verkoop. Die Karsten-groep bemark plaaslik én in die uitvoermar­k. Dié groep bedryf onder meer verpakking­saanlegte in Egipte.

Intussen word uit Kalifornië berig hoeveel miljoene dollar dadels deesdae daar geoes word. Die Coachella-vallei voorsien nagenoeg 95% van alle dadels wat in Amerika verbou word, berig die plaaslike koerant

Een van die grootste dadelprodu­sente daar is Woodspur Farms, wat organiese vurgte verbou.

Woodspur verpak en bemark nie net die heel vrugte nie, maar verwerk dit ook in bestanddel­e, soos dadelstroo­p en -pasta, asook gekapte dadels wat in kommersiël­e produkte, soos gladdejant­jies (“smoothies”) en energiesta­fies, gebruik word.

— http://desert.sn/2i7UE7X

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa