Landbouweekblad

LET OP DIÉ VEILINGS IN FEBRUARIE

- – ADÉLE ENGELBRECH­T

AFSLAERS Die veilingsty­d is weer in volle gang en Landbouwee­kblad het afslaers wat by hom adverteer, gevra om ’n paar veilings uit te lig wat in Februarie aandag behoort te trek.

BKB LOUWID het drie veilings wat uitstaan, naamlik dié van mnre. Freddie en Mark Schmidt op 9 Februarie en mnr. Jaco Maritz op 16 Februarie, albei naby Memel, en die veiling van Fortress Bonsmaras op 21 Februarie naby Frankfort.

Dit is die Schmidts se 35ste produksiev­eiling en hulle verkoop hul totale Brafordsto­etery (162 beeste), asook 600 Bovelders en 360 Dohne-Merino’s. Maritz bied 290 gekeurde Bovelders, 650 SA Vleismerin­o-ooie en 30 veldramme aan. Op Fortress se 17de produksiev­eiling sal 509 puik diere (meestal kommersiël­e koeie) te koop wees.

KLK LANDBOU BPK. het drie stoetveeve­ilings in Februarie, maar een wat sekerlik aandag sal trek, is die Osvley Meatmaster-veiling van mnr. Henk Kearney op 24 Februarie op Loeriesfon­tein.

NOORDKAAP LEWENDEHAW­E bied op 8 Februarie die Proveld Bonsmara-veiling op Vryburg se skouterrei­n aan. Altesame 40 veldgetoet­ste stoetbulle en 250 kommersiël­e vroulike diere sal aangebied word.

VLEISSENTR­AAL KZN se belangriks­te veiling in Februarie is dié van die Green H Brangus-groep. Altesame 200 gesertifis­eerde rooi en swart Branguskoe­ie sal aangebied word. Die veiling is op 22 Februarie op die plaas Middledale, 25 km van Ladysmith en 25 km van Winterton.

 ??  ?? Boerbokke en Van Rooyskape het einde verlede jaar goeie pryse op die veiling van die Wes-Kaapse Boerbokklu­b op Loeriesfon­tein behaal. Dié Boerbokram is teen die hoogste prys van R13 000 verkoop. Van links is mnre. Dawid Nel, afslaer, Jean Theunissen,...
Boerbokke en Van Rooyskape het einde verlede jaar goeie pryse op die veiling van die Wes-Kaapse Boerbokklu­b op Loeriesfon­tein behaal. Dié Boerbokram is teen die hoogste prys van R13 000 verkoop. Van links is mnre. Dawid Nel, afslaer, Jean Theunissen,...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa