Landbouweekblad

GWK-HOË WORD TIGER SE GRAANBAAS

- – MARLEEN SMITH

MNR. PIETER SPIES (foto) het sy pos as besturende direkteur van GWK vir dié van Tiger Brands se hoof van grane verruil.

Hy het die landboupro­dusent-beheerde GWK die afgelope drie jaar tot nuwe hoogtes gevoer, veral wat vertikale uitbreidin­g in die voedselket­ting betref. Tiger Brands, SuidAfrika se grootste voedselmaa­tskappy, het aangekondi­g Spies sal op 1 Februarie by hulle aansluit. Intussen neem mnr. Pieter Bekker, uitvoerend­e hoof van GWK, in Spies se plek waar.

Mnr. Frank Lawrence, voorsitter van GWK, het intussen benadruk dat hulle vol vertroue is dat die maatskappy oor ’n bekwame span leiers en die regte strukture beskik om onverpoos aan te hou om sy beplande strategieë in werking te stel.

“Die besturende direkteure van GWK se drie bedryfseen­hede het duidelike rigting. Die raad vertrou dat hulle, soos in die verlede, sal aanhou voortbou op die suksesse en goeie werk wat daar verrig word.”

REKORDJAAR

Lawrence het Spies ’n inspireren­de leier genoem, en gesê GWK is spyt oor sy vertrek, maar verstaan dat dit vir hom ’n groot geleenthei­d is.

Hulle het reeds met die proses begin om ’n geskikte nuwe leier in sy plek aan te stel.

GWK het verlede jaar sy omset met 11,2% tot R8,34 miljard verhoog, een van sy beste boekjare tot op hede. Sy netto wins tot einde Mei verlede jaar was ondanks die ernstige droogte R148 miljoen. Dit was ook ná aansienlik­e besteding aan infrastruk­tuur en die vestiging van nuwe bedrywe, soos hul Farm Foods-fabriek en -meule by Modderrivi­er in die Noord-Kaap, wat pasta, meel en koekies aan die kleinhande­l lewer. Dié aanleg word as die landboumaa­tskappy se grootste belegging tot op hede beskou.

Tiger Brands is een van die top-maatskappy­e op die Johannesbu­rgse beurs, en spog met ’n verspreidi­ngsnetwerk wat oor meer as 22 Afrika-lande strek.

Sy graan-afdeling sluit verskeie handelsmer­ke van onder meer brood, mieliemeel, koringmeel, rys en hawermout in.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa