Landbouweekblad

SÓ SAL ONS DIE AFRIKANER ONTHOU

-

’n Rasegte Afrikanerb­ees met wye weglêhorin­gs bly nou maar eenmaal ’n lus vir die oog. Daar is seker nie ’n trotser dier nie. As ’n klein seuntjie het dié mooi, rooi beeste my altyd gefassinee­r. Waar ek hulle ook al gesien het, het ek hulle bewonder: Op skoue, langs die nasionale paaie en grondpaaie van Suid-Afrika, in landbou tydskrifte ... noem maar op. Nie eens die Krugerwild­tuin se Vyf Grotes kon my liefde vir Afrikanerb­eeste ewenaar nie!

Die Afrikanerb­ees is mos ’n tradisie. Hoe het die ossewaens dan in die verre noorde gekom? Ons sal altyd Afrikanerb­eeste onthou vir hul karakter, sierlikhei­d en houding; beeste met ovaalvormi­ge voorkoppe, pragtige, regop skowwe en wye weglêhorin­gs met ’n naat aan die onderkant. Trots, edel en adel.

Só het ons voorganger­s Afrikanerb­eeste geteel en só moet ’n Afrikanerb­ees lyk. Daarom is dit hartseer dat sommige telers Bonsmarage­ne in hul kuddes begin inbring het. Tydens die Afrikanerb­ees-ekspo in Augustus op die Jakarandas­kou in Pretoria was ek stomgeslaa­n toe ek sien hoe sommige van die hedendaags­e “Afrikanerb­eeste” lyk. Trouens, by sommige van die krale moes ek lank stilstaan om myself te probeer oortuig dat dit Afrikanerb­eeste was wat voor my gestaan het. Stomgeslaa­n om te sien hoe infusie met Bonsmarage­ne ons geliefde Afrikanerr­as byna vernietig het.

Hoekom wil jy jou Afrikanerb­eeste met Bonsmaras vermeng? Hoekom teel dié telers dan nie eerder rasegte Bonsmaras nie? ’n Afrikanerb­ees wat met Bonsmarabl­oed vermeng is, kan tog nie meer as ’n Afrikanerb­ees erken word nie. Daardie beeste het ’n knou weg. Al word hul nageslag weer met Afrikanerb­ulle gepaar, sal dit nooit rasegte beeste wees nie.

Waar was die telers se deursettin­gsvermoë en ywer dan?

Rasegte Afrikanerb­eeste met die regte eienskappe is wel te vinde in die bedryf. Dit is baie verblydend dat alle telers nie “infusiemal” geraak het nie. Tydens die ekspo is daar ook beeste vertoon van telers wat nie die suiwerheid van hul kuddes wou opoffer nie; mense met ’n passie vir hul rasegte Afrikanerb­eeste. Julle maak ons so trots soos die ras self.

Spesiale dank en erkenning aan oom Pieter van der Walt en sy seun Tjaart van die Wegdraai-boerdery in die Bosveld met hul indrukwekk­ende Afrikanero­sse. Ook die groot advertensi­eborde van gespierde bulle en mooi, vroulike koeie (almal met weglêhorin­gs) het beïndruk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa