Landbouweekblad

Gesels saam oor volstruise

Die volgende episode van die jongste Nasie in Gesprek-televisier­eeks gee kykers die kans om die volstruisb­edryf beter te leer ken.

-

In episode 6 op kykNET (DSTV-kanaal 144; eerste uitsending op Woensdag, 8 Februarie) kuier die span op Oudtshoorn in die KleinKaroo en gesels oor die verskillen­de produkte wat volstruise lewer, die bedryf se bydrae tot die plaaslike ekonomie en hoe volstruisp­lase toerisme bevorder.

Onderhoude met bedryfslei­ers, soos mnre. Piet Kleyn, uitvoerend­e hoof van die Volstruisb­esigheidsk­amer, en Charl du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Internasio­naal, vertel meer oor die probleme en suksesse van die volstruisb­edryf.

Twee boere van die omgewing, mnre. Laubscher Coetzee van die plaas Klipheuwel en Joey Potgieter van die plaas Welbedag, vertel ook hoekom hulle so graag met volstruise boer.

Chris Burgess, redakteur van Landbouwee­kblad, bied sy perspektie­f oor die veelsydigh­eid van volstruise en die produkte wat die bedryf lewer. Hy gesels ook oor die impak van die 2011-voëlgriepe­pidemie en hoe die bedryf dié krisis oorleef het.

Die ateljeegas is me. Nobri Booyzen, projekbest­uurder van Exotic Leather SA. Benewens die gesogte volstruisl­eermark gesels sy ook oor krokodille­er.

SINVOLLE GESPREKKE

Die reeks word in Engels en Afrikaans op kykNET, Business Day TV en Soweto TV uitgesaai. Die aanbieders is Theo Vorster (Galileo Capital), Rozanne McKenzie (Jacaranda FM) en Mpumelelo Mkhabela (voormalige redakteur van die dagblad Sowetan).

BORGE

Nasie in Gesprek word moontlik gemaak deur Senwes en die medeborge Monsanto, Nedbank, Hinterland, Afgri, NWK en Imperial Isuzu. Landbouwee­kblad is die mediavenno­ot.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa