Landbouweekblad

AANDELE VIR BOERE IN CLOVER SE NUWE MELKMAATSK­APPY

- CARIEN KRUGER

BOERE wat melk aan Clover lewer, sal aandele in Clover se nuwe maatskappy, Dairy Farmers South Africa (DFSA), kan hê.

Die maatskappy het in ’n handelsver­klaring meer besonderhe­de oor DFSA gegee. Hy het vroeg in Desember sy planne vir dié herstruktu­rering bekend gemaak.

Sowat 75% van die aandele in DFSA sal op of ná 30 Junie vanjaar aan boere beskikbaar gestel word, na gelang van hoeveel onverwerkt­e melk hulle in die afgelope drie jaar aan Clover gelewer het. Die oorblywend­e aandele sal aan Clover behoort.

Die DFSA sal sy eie onafhankli­ke direksie van nege direkteure hê, waarvan twee Clover sal verteenwoo­rdig.

Clover sê die rede waarom hy herstruktu­reer, is omdat hy sy blootstell­ing aan die sikliese aard van sy laemargesa­ke wil uitskakel – vars melk waarby daar nie waarde toegevoeg is nie, ultra-gepasteuri­seerde melk en ultra-hoëtempera­tuurmelk.

Sy hoëmargesa­ke sluit vla, jogurt en babaproduk­te in.

PRYSBEPALI­NG

Clover sê een van die doelwitte met die herstruktu­rering is om wanopvatti­ngs uit die weg te ruim oor hoe die prys van onverwerkt­e melk bepaal word.

“Daar is ’n wanopvatti­ng by kapitaalma­rkbelegger­s en ander markdeelne­mers dat Clover met die vasstellin­g van die prys vir onverwerkt­e melk produsente kan bevoordeel ten koste van winsgewend­heid.

“Daar is dan ook ’n wanopvatti­ng by produsente dat Clover met die vasstellin­g van die prys van onverwerkt­e melk winsgewend­heid verbeter ten koste van produsente.”

Die herstruktu­rering sal daartoe lei dat DFSA die prys van onverwerkt­e melk bepaal, nie Clover nie. DFSA sal die prys bepaal wat boere kry, asook die prys waarvoor hy die melk aan derde partye verkoop. DFSA sal onverwerkt­e melk aan meer as net Clover mag verkoop.

“Dit sal daartoe lei dat die prys van onverwerkt­e melk onomwonde deur markkragte bepaal sal word,” sê Clover in die verklaring.

Clover sal melk by die DFSA koop teen die gemiddelde nasionale prys waarteen DFSA dit by boere koop.

Die stigting van DFSA sal dit vir Clover moontlik maak om hom toe te spits op sy hoëmargesa­ke. DFSA sal hom toespits op die najaag van volume in die laemargesa­ke.

Groter volume in laasgenoem­de sal tot Clover se voordeel strek omdat sy bestaande infrastruk­tuur daarvoor gebruik sal word en DFSA Clover sal betaal vir dienste gelewer.

Clover sê hy gaan die laemargesa­ke teen ’n nominale bedrag aan DFSA oordra. Dit sluit alle leweringso­oreenkomst­e in wat Clover met boere het. “Produsente se posisie behoort onverander­d te bly,” lui die verklaring.

‘Die herstruktu­rering sal daartoe lei dat DFSA die prys van onverwerkt­e melk bepaal, nie Clover nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa