Landbouweekblad

BERGKLIM-BEESTE GESOEK

- – ALAN HARMAN

Kalifornie­se navorsers wil ’n goedkoop genetiese toets ontwikkel wat melkboere kan gebruik om te selekteer vir koeie wat ’n ingebore voorkeur het om teen heuwelhang­e te wei.

Dié Amerikaans­e deelstaat het sowat 5 miljoen melkkoeie, wat meestal in die valleie en platter dele wei. Goeie veld in die heuwels en berge word egter nie behoorlik benut nie.

Die dieregenet­ikus prof. Juan Medrano van die Universite­it van Kalifornië sê hul navorsing is daarop gemik om die bedryf se produktiwi­teit op te stoot deur die verspreidi­ng van beeste oor die staat se 15,4 miljoen ha natuurlike weidings te verbeter. Die meeste daarvan is veegrond en bergagtig.

“DNS-tegnologie maak dit relatief maklik om te toets en te teel vir sekere produksiee­ienskappe, soos melkopbren­gs en groeitempo,” sê hy. “Maar dit is splinternu­ut om genetiese merkers te identifise­er wat aan dieregedra­g gekoppel is.”

Prof. Derek Bailey, ’n weidingkun­dige van die Nieu-Mexiko-staatsuniv­ersiteit en ’n kollega van Medrano, het ’n paar jaar gelede met die voorstel vorendag gekom.

“Ek hou beeste al jare lank dop, en daar is altyd party koeie wat geneig is om die pad heuwels toe te vat. Hulle kan pens-diep op die vlakte in groen gras staan, maar sal heuwels toe stap om eerder daar te gaan wei. Hulle hou van dit daar. Ons kan vir ander eienskappe selekteer, hoekom nie ook vir bergklim nie?”

Die span genetici is daarvan oortuig dat hulle nou op die punt is om ’n genetiese toets aanmekaar te sit waarmee daar bepaal sal kan word hoe groot die kans is dat ’n bepaalde bul dogters teel wat daarvan hou om berg te klim.

Om beeste met ’n voorkeur vir bergklim te identifise­er, het hulle 180 koeie op sewe verskillen­de plase met GPS-halsbande toegerus, en vir maande aaneen elke tien minute metings geneem. Hiermee het hulle bepaal hoe gereeld die diere teen hange gewei het, hul hoogte bo seespieël en hoe ver hulle gestap het om by water uit te kom.

Hulle het ook bloedmonst­ers van die koeie geneem, wat Juan en sy span vir chromosoom-oorvleueli­ngs ontleed het. Hiermee kon hulle bepaalde gene identifise­er wat aan beweging, motivering en die proses van ruimtelike leer gekoppel is.

“Die resultate is tot dusver baie bemoedigen­d. Ons behoort een van die dae vir bergklim-gedrag te kan toets en selekteer,” sê Juan.

Hulle wil egter eers seker maak dat seleksie vir ’n bergklimvo­orkeur nie onbedoelde gevolge vir ander eienskappe sal hê nie – soos ’n lae siekteweer­stand en lae kalfgewig. Hulle het egter tot dusver nog geen korrelasie tussen swak eienskappe en bergklim-gedrag gevind nie. “Ons het ’n teorie gehad dat die bergklimko­eie ook dié met ’n kwaaier temperamen­t mag wees, maar dit is nie die geval nie.”

 ?? FOTO: DOUGLAS, MCCREARY, UNIVERSITE­IT VAN KALIFORNIË ?? ’n Genetiese toets word in Amerika ontwikkel wat boere in staat kan stel om vir beeste te selekteer wat verkies om eerder teen heuwelhang­e en in die berge te wei as op die vlakte.
FOTO: DOUGLAS, MCCREARY, UNIVERSITE­IT VAN KALIFORNIË ’n Genetiese toets word in Amerika ontwikkel wat boere in staat kan stel om vir beeste te selekteer wat verkies om eerder teen heuwelhang­e en in die berge te wei as op die vlakte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa