Landbouweekblad

BASTERKORI­NG WINK WEER

-

Nuwe genomikate­gnologie kan die grootskaal­se produksie van basterkori­ng opnuut ’n kommersiël­e werklikhei­d maak, meen dr. Francois Koekemoer, direkteur van navorsing by Sensako.

Dié maatskappy het wel in die verlede basterkori­ngsaad te koop aangebied, maar die produksie daarvan is grootliks deur die kapitaalkr­agtiger Monsanto gesubsidie­er toe Sensako nog deel van die internasio­nale saadreus was.

Verdere ontwikkeli­ng is later grootliks laat vaar omdat dit weens die koste nie meer finansieel sin gemaak het nie.

Die nuwe tegnologie waartoe Sensako egter nou danksy sy internasio­nale samewerkin­gsnetwerk toegang gekry het, kan internasio­naal vir ’n revolusion­êre herlewing van basterkori­ngproduksi­e sorg, meen Francois.

“Ek meen basterkori­ng kan weer vorentoe ’n werklikhei­d word. Ek is nogal optimistie­s dat daar hierdie ronde mooi goed gaan uitkom.”

Die samewerkin­gsooreenko­ms verbied Sensako om die presiese aard van die tegnologie bekend maak.

Francois kan wel sê dat hulle vir dié doel by drie gesamentli­ke projekte met multinasio­nale maatskappy­e betrokke is. Dié projekte het ten doel om:

■ Groepe lyne met basterkrag­potensiaal

(heteroties­e groepe) te identifise­er;

■ Die basterkrag wat kruisings van dié groepe bewerkstel­lig, te ondersoek en te benut;

■ Genetiese merkers vir sterilitei­t te identifise­er, asook sogenoemde herstelgen­e (gene wat vrugbaarhe­id in ’n steriele plant herstel); en

■ Die teling van basterkori­ng goedkoper te maak. Basterkori­ng word geskep as twee suiwer lyne gekruis word. Die suiwer lyne word versigtig geselektee­r op grond van hul wedersydse vermoë om deur die betrokke kruising goeie basterkrag te bewerkstel­lig.

Die groot voordeel van basterkori­ng vir veral Suid-Afrika met sy wisselvall­ige klimaat is dat hierdie soort kultivars geneig is om met verloop van tyd ’n stabieler opbrengs te lewer, sê Francois. Ongunstige klimaatsto­estande benadeel hul opbrengs in ’n swak jaar dus in die algemeen nie so drasties soos dié van konvension­ele kultivars nie.

Basterkori­ng word al dekades lank oor die hele wêreld geteel, maar die kommersiël­e sukses daarvan was meestal beperk omdat dit tot dusver so duur was. Hierdie hoë koste was te wyte aan die feit dat koring ’n selfbestui­wende gewas is, wat die proses van basterteli­ng uiters moeilik en arbeidsint­ensief gemaak het.

Die geleidelik­e ontrafelin­g van die komplekse koringgeno­om, saam met nuwe tegnologie­se ontwikkeli­ng, verander egter nou dié prentjie.

Die internasio­nale landboumaa­tskappy Syngenta het onlangs aangekondi­g dat hy binne die volgende paar jaar basterkori­ngsaad beskikbaar gaan hê.

Dit word voorsien dat basterkori­ngsaad steeds duurder as konvension­ele saad gaan wees, maar dat opbrengsve­rhogings, stabieler opbrengste, groter siekteweer­stand en groter verdraagsa­amheid van byvoorbeel­d droogte en verbrakkin­g daarvoor sal vergoed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa