Landbouweekblad

TREK DIE LANDBOU-WA DEUR DIE DRIF

- Mnr. Bennie van Zyl is hoofbestuu­rder van die TLU SA. Chris Burgess is met verlof en sal weer in Maart sy rubriek hervat.

Elke plaas in Suid-Afrika is in die praktyk ’n unieke sake-eenheid in die ewe unieke hande van ’n boer. Miskien is dit hoekom boere maklik sê: “Die reën het net tot by my buurman se grensdraad geval — hier by my is nie ’n druppel nie.”

Wat vir die een werk, is nie noodwendig ’n ander se wenresep nie. Ongeag die grootte of aard van die boerdery, weet almal egter een ding: Saam sit boere kos op mense se tafel.

Só gaan dit deur slegte en goeie tye. Afgesien van ons geloofsbeg­ronding kan Suid-Afrikaners deesdae van weinig seker wees, dalk net dat dit eers slegter sal gaan voor dinge hopelik sal verbeter.

Op staatkundi­ge gebied word daar meer ge-struggle as geregeer. Die nadelige gevolge daarvan wat na die burgery oorspoel, en in besonder die landbougem­eenskap, durf nie onderskat word nie.

Die blote verwysing na “radikale ekonomiese transforma­sie” suggereer ’n staatsingr­yping in private besit en ekonomiese prosesse. Dit het op sigself die potensiaal om werkverska­ffing en ’n bruisende ekonomie te striem. In die praktyk sal dit waarskynli­k tot groter staatsbehe­er (met ander woorde toenemende sosialisme) lei.

Terwyl die ongeveer 67% verstedeli­kte burgers in taamlike stabilitei­t in stede en dorpe woon, beleef talle boere ’n onseker toekoms waarin die besit van hul eiendom toenemend ’n risiko word. Grondbesit bly immers ’n brandende Suid-Afrikaanse vraagstuk wat maklik vir ideologies­e doeleindes uitgebuit kan word. Die algemene verkiesing in 2019 lê immers net om die draai, en afgesien van toenemende geïnstitus­ionaliseer­de rassisme bly daar bitter min ander dryfkragte as grond oor om stemme te werf.

Dit is ongelukkig so dat die strewe na groter en haalbare ekonomiese stabilitei­t — waarbinne werkskeppi­ng, ontwikkeli­ng en die voordeel van ’n goeie en gereelde inkomste vir al hoe meer mense moontlik sal wees — as “regse politiek” afgemaak word. Die bewese voordele van ’n markgedrew­e ekonomie word misgekyk. Ideologies­e lokaas gaan allermins vir ekonomiese vooruitgan­g sorg.

WOORD EN DAAD

Die tyd het aangebreek om nie na geïsoleerd­e gebeure en beleidsbew­egings te kyk nie, maar om van die groter prentjie kennis te neem. Vanaf die Grondwet tot by ’n wye verskeiden­heid ander wette en regulasies wat op die oog af selfstandi­g is, is daar besig om ’n verband na vore te kom wat onheilspel­lende potensiaal inhou. In die geheel raak dit duidelik dat bepaalde wetgewing ingestel moet word wat nie net eiendom nie, maar ook die benutting van bepaalde eiendom ooreenkoms­tig regeringsb­ehoeftes mag reguleer. Geleidelik word die weg gebaan om op ander maniere by die berugte 50-50-verdeling, grondplafo­nne en die herverdeli­ng van grond uit te kom.

Ten spyte van dié onsekerhei­d is die vraag vandag of entreprene­urs, wat die kommersiël­e landbouers by uitstek insluit, bereid is om vir die wesenskenm­erke wat die ekonomie na hoër hoogtes sal neem, op te staan en standpunt in te neem. Dit moet inderdaad ook oorgaan na die daad deur onmisbaar te raak in die ekonomiese prosesse van Suid-Afrika.

VOEDSELSEK­ERHEID

Kommersiël­e boere is vandag seker die grootste bate waaroor SuidAfrika beskik. Kos op die tafel is die een aspek wat voorop staan vir stabilitei­t. Ons onthou nog die onlangse Arabiese Lente wat oor kos en kospryse gegaan het.

Die kommersiël­e boere is inderdaad onmisbaar. ’n Verantwoor­delike regering sal dit besef en derhalwe seker maak hulle kan aanhou boer. Sien dit veral in die lig daarvan dat grond wat oorgedra is, feitlik voor die voet uit produksie gaan namate die Regering projekte uit onkunde afdwing. Voeg daarby ’n beleidsomg­ewing wat vir enige belegger te veel onnodige onsekerhei­d skep, dan besef ’n mens die broodnodig­e beleggings sal nie ’n werklikhei­d word nie.

Almal besef Suid-Afrika sit op ’n tydbom met die groot armoedefak­tor asook hoë werklooshe­id. Dit kan net met ekonomiese groei volhoubaar aangepak word. Dit beteken die regte dinge moet gedoen word. Dit sluit private besitreg en die vrye mark in. Ander aspekte, soos goeie onderwys, veiligheid­sdienste, navorsing en voorligtin­g, is uiteraard net so belangrik.

Die landbou se taak is om kos te lewer. Dit moet teen ’n wins gedoen word om volhoubaar­heid te verseker. Ongeag wie wat sê of aankondig, watter nuwe wetgewing dinge probeer afdwing wat teenstrydi­g is met die ekonomiese werklikhed­e of om ideologieë voor ekonomiese beginsels te stel, moet jy besef die ekonomie laat nie met hom mors nie. Doen dinge ekonomies reg, en die kans is daar om ekonomiese groei te bewerkstel­lig en só vermoëns te skep. Dit is die enigste manier hoe armoede uiteindeli­k aangepak kan word.

As die landbou hierdie sake in die Regering se hande laat, is dit dalk ons voorland om in ’n diep sloot vas te val. Indien ons egter self die probleem takel, sal die drif klipperig wees, maar dan is daar ’n kans op ’n goeie toekoms vir almal. — BENNIE VAN ZYL

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa