Landbouweekblad

GROTIES, WAAR IS JULLE NOU?

-

Ja, so stap die dae, jare en ’n leeftyd onkeerbaar aan. Dit laat my terugdink aan die vroeë 1950’s toe die Landboukol­lege Grootfonte­in gewemel het van die studente so saam met die wol-boom en daarna.

Soos dit maar met studente gaan, was byname, gewoonlik toepaslik, nogal gewild en het menige student – soms lewenslank – met ’n bynaam deur die lewe gegaan. Die meeste van dié oudstudent­e met ’n bekende bynaam is ongelukkig nie meer met ons nie, maar wees verseker as daardie naam in ’n geselskap gehoor word, herleef so ’n student in ons geheue, of die nageslag onthou ook die naam van hul pa’s en selfs oupas.

Van die bekendste byname was Kaspaas, Nefie, Pale, Donkie, Draadnek, Ossie, Rolbos, Brakkies, Witkop, Jan Petrol, Bok, Tiekie, Tortois, Turkey, Gearbox, Bunny, Tieties, Engel, Windpomp, Vissie, Jakkals, Vaatjie, Spekkies, Pottie, Linkie, Tsjielie, Mof, Tiny, Boer, Aai, en Klontjies.

Die doserende personeel is ook vasgeknoop met byname (gewoonlik met die voorvoegse­l “oom”), soos Bokkie, Lappies, Gandhi, Doppies, Matie, Garing, Badie, Pine, Mossie, Dok, Tonna, Van, Jan Brood, Bertie, Boepie, Tollie, Bok-mechanic, Zaai, Soppies, Kiep en Robbie.

Later van tyd het nuwe byname, soos Swarthandj­ies, Rietgorrel, Houtie, Buks, Shorty, Skapie, Ginger, Muscles, Das, Pikkie, Betoger, Opdorpie, Priester, Riempies, Varkies, Wol, Hitler, Muis, Luiperd, Bokser, Chum, Witpou, Oom Rooikat, Bossie, Skippie en Reinie bygekom.

Daar is nog tientalle ander

wat nie hier genoem is nie. Só onthou ons julle! JANE ROUX (PLUIMFIENA) Brief per e-pos ontvang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa